ʼn Vrou van Argentinië bekoor mense van oor die wêreld heen vir haar besluit om terug te gaan skool toe – op 99-jarige ouderdom.
Eusebia Leonor Cordal moes as jong meisie die skool verlaat, berig Telecinco. Ná haar ma se afsterwe en ander familieprobleme, kon sy nie meer skool toe gaan nie.
Sy het besluit om die Laerskool vir volwassenes in Laprida by te woon en haar opvoeding voort te sit. Sputnik News berig sy het as 98-jarige reeds besluit om terug te gaan skool toe en het nog nie een dag gemis nie. Een van haar onderwyseresse, Patricia, laai haar elke Dinsdag, Woensdag en Donderdag op vir skool.
“Wanneer mens ouer word onthou mens nie meer so lekker nie. Ek ken die skedules baie goed, maar toe ek hier aangekom het, het ek alles vergeet – selfs hoe om te lees en skryf!” het Eusebia gesê.
Sy kan nou weer lees en skryf en hoop om binnekort ook te leer hoe om rekenaars te gebruik.
Haar storie is ʼn inspirasie vir talle sosialemediagebruikers.
Goed die tannie hou haar besig
maar genugtig moet sy nie eerder naald werk doen of in die tuin werk nie
ek sien nie die doel dat sy op n ouderdom van 99 in skool banke sit nie
sou eerder my tyd saam familie en geliefdes spandeer
hmmm?
:))) – sê hulle Maroela M.
Sjoe, wonderlike deursettingvermoe!
Alle voorspoed aan haar – ek hoop sy bereik haar doelwit!
Ek dink wat sy doen is awesome.
Die jare wat hulle groot geword het, het hulle nie al die tegnologie ens gehad nie.
Ten minste wil sy nog leer op haar ouderdom.
Die wat moet leer wat nog bloed jonk is wil nie leer nie..
Dit se baie
Sê neem die uitdrukking “nooit te oud om te leer nie” ter harte :-))
voorwaar n voorbeeld uithouvermoe vir ons jonger geslag hou so aan stermte Ouma
Dit dien dalk nie `n doel om terug te gaan skool toe nie, maar sy hou haar brein aktief en dit is wonderlik! Dapper vrou!
Presies wat ek gedink het Gerda.
Gits! Dalk het sy ‘n “crush” op die LO Meneer.
#Chantelle, ek het matriek op die ouderdom van 50 geskryf. 4 Regs vakke, Engels en Afrikaans. Daar is niks fout dat die tannie dit wil doen nie. Vir wat moet sy naaldwerk doen of in die tuin werk. Hoekom doen jy dit nie? Ek sal eerder so n tannie in diens neem, instede van die wat nie onder wil begin en te lui is om te werk. Gaan lees die vorige artikels van plaas moordenaars wat gevonnis is, publiek sê boer moet wittes in diens neem en hoe besigheidsmanne kla oor wittes wat nie wil werk nie. Die tannie is n inspirasie en my beleid is dat aftree ouderdom afgestel moet word want daar is nog so baie ouer mense wat WIL werk en nie by die huis wil sit en naaldwerk doen of in die tuin wil werk nie.
Betaal jy lewensversekering/begrafniskoste ?
wat het dit te doen met die berig of die feit dat iemand verder wil studeer??