Byekorwe byna so groot soos ʼn Volla

Geelbaadjie-nes in Alabama (Foto: Alabama Cooperative Extension System)

Geelbaadjie-perdebye maak amok in Alabama in die VSA en bou “superkorwe” wat byna so groot is soos ʼn Volkswagen Beetle.

Charles Ray, ʼn entomoloog van die Alabama Cooperative Extension System, sê meer as 90 sulke “superkorwe”, wat duisende perdebye huisves, is aanvanklik in 2006 in die staat opgemerk. Hy het gewaarsku dat inwoners vanjaar weer soortgelyke neste kan verwag.

“Ons het twee neste in Mei bevestig en daar is reeds tekens van ʼn derde,” het hy in Junie op die stelsel se webwerf gesê. “Dis ʼn paar weke vroeër as dieselfde periode in 2006, to ons die eerste reusagtige nes op 13 Junie opgemerk het.”

ʼn Tipiese perdebynes word gewoonlik op die grond of in ʼn holte gebou met ongeveer 4 000 tot 5 000 werkerbye wat nie deur die kouer wintermaande oorleef nie. Die koninging moet dan skuif en sy skep nuwe kolonies wanneer weerstoestande verbeter.

Ray het gesê die neste waarop hulle tot dusver vanjaar afgekom het, huisves reeds meer as 10 000 werkers en brei vinnig uit.

Geelbaadjie-perdebye is verantwoordelik vir byna alle sterftes in die VSA waar persone deur ʼn by gesteek is, het entomoloog Xing Ping Hu, ook van Alabama, gesê. “Anders as ander insekte wat steek, hou geelbaadjies daarvan om mense te steek. Geelbaadjies verloor ook nie hul angel soos heuningbye nie, so elke insek kan herhaaldelik steek en hulle val gewoonlik in groot groepe aan. Dit is veral gevaarlik in die somer.”

Indien Alabama-inwoners ʼn groot geelbaadjie-nes by hul huis opmerk, is dit belangrik om nie die korf te versteur nie, maar eerder ʼn gelisensieerde plaagbeheer-kenner te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Lina du toit ·

Ek is jammer. Ek is nie n kenner nie, maar hoe kan iemand nie sien die goed word gebou nie en dit stuit nie? Sekerlik word dit nie oornag tot daardie grootte gebou nie???

Hennie ·

Stem, dis nie bye of perdebye die nie maar wasps. Dink nie daar is ‘n naam vir dit in Afrikaans nie.

Ha ha ·

Nou dat die rooimiere(baadjies) nie meer werk het nie, stuur hulle om die geelbaadjies aan te val he he

Zettie ·

Sjoe……ek het al ‘n paar perdebye teëgekom en nog nooit hiérdie gesien nie…….

@Wielie ·

Alle diere en insekte se ook seker, pasop die mens gaan die jaar met miljoene vermeerder en nog woude uitkap. Wees versigtig want hulle kom in groepe en is baie gevaarlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.