Dwelmmuil-kat ontsnap uit tronk

Argieffoto (Foto: Susann Mielke/Pixabay)

ʼn Kat, wat by ʼn hoësekuriteittronk in Sri Lanka aangehou is toe hy met dwelmmiddels en SIM-kaarte betrap is, het ontsnap.

Sri Lanka se Aruna-koerant berig tronkbewaarders het die kat Saterdag by Welikada-tronk betrap. Hy het nagenoeg 2 g heroïen, twee SIM-kaarte en ʼn geheueskyfie in ʼn klein plastieksakkie om sy halsband gedra.

Volgens die koerant is die katjie in ʼn kamer aangehou terwyl die ondersoek voortduur om te bepaal met watter gevangene hy verbind kan word, maar hy het Sondag uit die kamer ontsnap. Owerhede het nog nie dadelik kommentaar gelewer nie.

Die tronk het die afgelope paar weke al hoe meer gevalle aangemeld waar mense klein pakkies dwelmmiddels, selfone en selfoonlaaiers oor die muur na die gevangenes gooi.

Sri Lanka word deur dwelmhandel geteister en van die polisiebeamptes, wat die sake moet ondersoek, word glo ook geïmpliseer dat hulle gekonfiskeerde dwelmmiddels verkoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

my opinie ·

Klink maar vir my Sri Lanka se polisiebeamptes en Suid Afrika se polisiebeamptes is ewe skelm…..

Maryna ·

Maroela, kan ons asb ‘n “mugshot” van die kat sien? Ons moet weet waarmee Sri Lanka te doen het! :)
Hul moet nie te bekommerd wees nie, die kat kom weer!

Sandra ·

Hmm wat wou hulle met die kat doen, hom ondervra wonder ek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.