Foto’s van ʼn yslike babadogtertjie in Keystone Heights in die Amerikaanse deelstaat Florida wat by geboorte byna 6 kg geweeg het, verower duisende harte wêreldwyd.
Die baba, Carleigh, wat vroeër vanjaar deur middel van ʼn keisersnee gebore is, is Lary en en Chrissy Corbitt se vyfde kind.
Carleigh is nou behoorlik ʼn internetsensasie nadat dié egpaar foto’s van haar op Facebook gedeel het.
Larry het aan USA Today vertel die dokters kon nie hul verbasing wegsteek by haar geboorte nie.
“Ek kon nie sien toe hulle haar uit die baarmoeder haal nie, die dokters het net gesê: ‘O my aarde, o my aarde. Ek dink nie daar is einde aan dié baba nie, is daar dan twee van hulle?’ Dit was baie snaaks,” sê hy.
Volgens die Orange Park Medical Center is Carleigh die swaarste babadogtertjie wat nóg in dié deelstaat gebore is. Sy weeg ook net minder as 100 g minder as die swaarste babaseuntjie wat in dieselfde staat gebore is.
“Toe sy gebore is, het ek net gehoor hoe die dokters lag in die operasieteater. Hulle het onder mekaar geraai wat sy sou weeg, en toe hulle vir my wys, kon ek dit nie glo nie,” het Chrissy aan ABC News vertel.
Larry sê hoewel die egpaar se vier ander kinders ook groter as normaal by geboorte was, was hulle nie op Carleigh voorbereid nie.
“Ons het aan alles moontlik gedink wanneer dit by babas kom, maar die verpleegster het net gesê ‘items vir pasgebore babas gaan nié werk nie’. Chrissy het geen gewig opgetel tydens die laaste semester in haar swangerskap nie – Carleigh het die gewig opgetel,” skerts hy.
Carleigh dra reeds klere vir babas van nege maande oud asook babadoeke drie keer die normale grootte vir pasgebore babas.
Die ouers het intussen na Huggies en Pampers uitgereik vir hulp met babadoeke en -klere.
Al die foto’s is deur Sweet Smiles Photography Studio geneem.
- Baba Carleigh (Foto: Sweet Smiles Photography Studio)
- Baba Carleigh (Foto: Sweet Smiles Photography Studio)
- Baba Carleigh (Foto: Sweet Smiles Photography Studio)
- Baba Carleigh (Foto: Sweet Smiles Photography Studio)
- Baba Carleigh (Foto: Sweet Smiles Photography Studio)
- Baba Carleigh (Foto: Sweet Smiles Photography Studio)
- Baba Carleigh (Foto: Sweet Smiles Photography Studio)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
18 Kommentare
Sy is pragtig!
Regte oros mannetjie! Kyk daai aanskroef armpies! Sy is waarlik pragtig en sommer al klaar groot! Dis eintlik jammer, want hulle word almal te gou groot, mens wil hulle tog so graag bietjie klein hou!
Ai, wat n pragtige dogtertjie! Is daar ooit n lelike baba?
Te sweet!!! Pragtige pokkeltjie!!!!
En hoekom haar kaal paradeer, het sy enigsins se in hierdie foto’s?