Foto’s: Bure trek neus op oor haar reënbooghuis

Jane Gottlieb se huis (Foto: janegottlieb.com)

ʼn Kunstenaar, wat baie lief is vir kleur, het haar “vaal en vervelige” huis in ʼn reënboog-oase omskep, maar die bure meen dit is ʼn doring in die oog.

Dit het Jane Gottlieb (70) twee maande lank geneem om haar huis by die see in Santa Barbara, Kalifornië in die VSA, in ʼn “kunswerk” te verander met nege verskillende kleure slegs op die buitemure en dosyne meer aan die binnekant.

Om dié helderkleurige woning in stand te hou, jaag haar ongeveer $5 000 (byna R90 000) uit die sak om seker te maak die kleure verdof nie in die skerp sonlig nie. Die huis word dus elke jaar al hoe helderder sodra ʼn nuwe laag verf bygevoeg word.

Jane, ʼn bekroonde kunstenaar wie se werk al wêreldwyd uitgestal is, het egter gesê haar vierslaapkamerhuis laat besoekers glimlag en verbygangers noem dit die “reënboog-huis”.

Sy bely haar bure meen dit is ʼn doring in die oog tussen die res van die beige-kleurige landgoed.

“Wanneer mense vir die eerste keer kom kuier, dan glimlag hulle sommer dadelik, hulle is dadelik gelukkig, want hulle het nog nooit vantevore só iets gesien nie,” hou Jane vol. “Ek verstaan nie die obsessie met beige en bruin nie. Ek weet nie hoekom dit so ʼn gewilde kleurkombinasie is nie. Ek hou van kleur – as ek iets helder en kleurvol sien, wil ek dit hê.”

Jane woon al 23 jaar in die huis saam met haar man, die skrywer David Obst (73).

David Obst en Jane Gottlieb se huis (Foto: janegottlieb.com)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

25 Kommentare

jongste oudste gewildste
Chantel

Gedoriewaar, dis nou nie my cup of tea nie, maar moet sê dis glad nie sleg op die oog nie. Ek sal permanent wil gelukkig wees as ek dit elk dag moet sien.

Rachel

Ek dink dit lyk baie mooi en vrolik. Sal dalk nie my eie huis in soveel kleure verf nie, bietjie duur, maar elke diertjie sy plesiertjie. Die bure is net suur oor hulle nie 1ste daaraan gedink het nie.

Kerneels

Eish! Nataniël sal ‘n angsaanval kry in daardie huis!

Pieter

EK hou baie van die plek. Binne en buite is baie mooi. EK SAL DAAR BLY.

Patrys

Jou huis jou keuse dit is vrolik en maak n saai bestaan kkeur vol