Foto’s: Die duurste Kersboom in die wêreld

Foto: Pro Aurum

Pro Aurum, ʼn goudhandelaar in Duitsland, het vanjaar waarskynlik die wêreld se duurste Kersboom ooit. Die boom is “versier” met 2 018 goue muntstukke wat in gleufies op ʼn akrielboom geplaas is. Dit is altesaam 63 kg egte goud.

Bo-op die Kersboom pryk ʼn groter goue muntstuk in ʼn goue ster.

Die Kersboom se waarde word bereken op €2,3 miljoen (ongeveer R36 miljoen). Die handelaar het gesê dit kon meer waardevol gewees het, maar goud se waarde het die tweede helfte van die jaar afgeneem.

Die boom, wat in samewerking met die Oostenrykse Munt opgerig is, is nog tot 15 Desember te sien by Pro Aurum se Goldhaus in München.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jani ·

Gelukkig sal die nie in SA plaas vind nie. Daai boom sal nie eers die eerste ry munt stukke haal nie.

Johann van Cullinan ·

Hulle het die betekenis van kersfees verloor.

Erwee ·

Dalk is hulle besig met die betekenis van “krismis”!!! Piramiede skema!!!

alida ·

Duidelik ‘n gebrek aan goeie waardes en het geen idee waaroor Kersfees gaan nie. Skenk die geld aan die armes in SA. Genoeg vir ‘n paar huise ens.

Rosie ·

Mammon!!! Gee liewers die geld vir behoeftiges en kindertjies v kersfees. Gaan nie oor kersbome nie.

brens ·

Wat n lelike kersboom! genade hul kon dit gerus op n mooier staander geplaas het. Ja nee…ek self sou kon doen met n paar van daardie muntstukke hoor!

Ek dink ·

Ek dink die boom lyk mooi. Dis n goudhandelaar en die Munt, natuurlik is goue munte gepas. En wie se hulle skenk nie geld vir behoeftiges nie? Soveel haat en negatiwiteit van mense wat kommentaar lewer- dit weerspreek juis die boodskap van Kersfees.

Theresa B ·

Dit is lelik en ek kan glad nie die punt van hierdie oefening sien nie!

PIETER ·

Magtig maar julle is n klomp ou suur knolle. Dit gaan hier oor die munt en n goud handelaar, was dit en diamant handelaar sou dit dieselfde gewees het net met diamante. En soos ek dink se wie se nie daar is n fonds insameling vir behoeftiges nie, Maar nee laat dit nou diamante in n vrou se rok was dan het die dames seker niks gese nie, bv Diana se goed koop rok wat nou vir miljoene gaan. Gee dit vir die armes. Gin wonder dinge lyk soos dit lyk in die SA nie ONS het die mens wees en waardeur verloor en gin iemand wat anders as ons dink en voel NIKS.

BLOM ·

Aaklig – ek sal die gedoente nie eers ‘n Kersboom noem nie.

KarinB ·

Dis pragtig. Ek sou graag so ‘n kleintjie vir Kersfees wou hê!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.