Husky brand amper die huis af

Argieffoto (Foto: Lynn Coetzee/Pixabay)

ʼn Hond, wat alleen gelaat is by ʼn huis, het per ongeluk die mikrogolfoond aangeskakel en ʼn brand veroorsaak.

Essex-brandweer in Engeland het in ʼn verklaring gesê die brand het by ʼn huis in Stanford-Le-Hope uitgebreek.

“Die mikrogolfoond was op ʼn toonbank, maar die husky het per ongeluk die toestel aangeskakel toe hy alleen in die huis was. ʼn Pakkie broodrolletjies in die mikrogolfoond het vlam gevat en ʼn klein brand veroorsaak.”

Die eienaar van die huis het rook in die kombuis opgemerk danksy kringtelevisiebeeldmateriaal op sy slimfoon.

“Dit is duidelik ʼn baie vreemde voorval waar ʼn hond betrokke is, maar dit kon baie meer ernstig gewees het,” het Geoff Wheal, bevelvoerder by Corringham-brandweer, gesê. “Toe ons by die toneel opgedaag het, was die kombuis vol rook. Brandbestryders het seker gemaak dat die skade slegs tot die kombuis beperk word.”

Wheal het gesê dis belangrik om kennis te neem dat mens nie enige kos in ʼn mikrogolfoond moet bêre nie. “Hou jou mikrogolfoond skoon en sonder enige kos of ander verpakking. Diere of kinders kan dit makliker aanskakel as wat mens sou dink.”

Die husky is nie beseer in die brand nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

@aj ·

Wie se hy het dit per ongeluk reg gekry? Daar is dan sekere mense wat my verbaas dat hulle ‘n mikrogolf kan aanskakel.

Annakapat ·

Wou seker vir hom ietsie maak om te eet…
Maar ek is bly hy is nie beseer nie.

mk ·

Dis hoekom ek ‘n kleintjie-dood het aan mense wat kos uit die mikrogolfoond haal en nie die tyd kanselleer nie. Hier by die werk gebeur dit elke dag. Mense maak die deur toe en die mikrogolfoond gaan aan met geen kos binne. Baie gevaarlik!!!

Lou ·

Wonder of die versekering sou uitbetaal vir so “moedswillige” brandstigter. lol

Blommie ·

Hy het 10 teen 1 die kos geruik en wou dit uit kry met sy pote en so die mikrogolfond aangesit…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.