Juffrou mis haar kinders, toe brei sy haar klas

Die poppies wat juffrou Ingeborg gebrei het (Foto: Facebook)

Sekere onderwysers mis hul kinders baie, maar dalk nie so baie soos dié juffrou wat poppies gebrei het wat presies soos haar klas lyk nie.

Juffrou Ingeborg Meinster-Van der Duin is ʼn onderwyseres by Dr H Bavinckschool in Haarlem, Nederland. Die skool het, net soos talle ander wêreldwyd, gesluit weens die Covid-19-pandemie.

“Die kinders was nie meer in die skool nie. Ek het hulle baie gemis,” het sy aan NH Nieuws gesê. Toe sy ʼn breipatroon op Pinterest sien, het sy dadelik besluit om ʼn poppie vir elkeen van haar skoliere te brei.

Sy het 23 poppies gemaak wat presies soos elke kind lyk, met al die detail ingesluit soos hul truie, sproete, ʼn bril en haarstyle. Elke poppie het tussen drie en vier ure geneem om te maak.

Sy het ʼn foto van die poppies aan haar klas en hul ouers gewys. Sonder name kon hulle almal maklik hulself en die ander maats herken.

Juffrou Ingeborg het gesê sy sien beslis uit daarna om haar kinders gou weer te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Snowball ·

Dit is ‘n liewe juffrou. Hoe bevoorreg is die kindertjies wat so ‘n spesiale een vir ‘n juffrou het. Hulle verlang seker net so baie na haar.

AmY ·

Ek wens jy was my juffrou gewees. Jy is ‘n dierbare mens. ♥

Psyggie ·

Wat ‘n skitterende gedagte.
Ek is seker daarvan dat daar te lande ook onderwysers(esse) is wat so oor die kinders voel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.