‘Kaal’ kameelperdjie kry ʼn naam

Die kameelperdjie wat sonder kolle gebore is (Foto: Brights Zoo/Facebook)

ʼn Kameelperdjie wat in Tennessee in die VSA sonder kolle gebore is, het uiteindelik ʼn naam.

Maroela Media het vroeër berig die kameelperd is op 31 Julie gebore en het toe reeds 1,8 meter hoog gestaan.

David Bright, direkteur van Brights-dieretuin, het gesê dit is ʼn baie seldsame gebeurtenis vir ʼn gevlekte kameelperd om sonder kolle gebore te word.

Ná ʼn aanlyn stemmery is sy “Kipekee” gedoop wat “uniek” in Swahili beteken. Sowat 40 000 mense van reg oor die wêreld het aan die stemmery deelgeneem en op Kipekee besluit eerder as Firyali (“ongewoon” of “buitengewoon”), Shakiri (“sy is die mooiste”) en Jamella (“een wat baie mooi is”), berig NPR.

Net meer as 16 000 mense het vir die naam Kipekee gestem. Shakiri was in die tweede plek met 10 000 stemme, aldus die Today-program, wat eerste oor die uitslag van die stemmery berig het.

“Baie besoekers het gemeen dit is ook die maklikste naam vir kinders om te sê,” het Bright gesê.

Kipekee is vermoedelik die enigste gevlekte kameelperd in die wêreld sonder kolle.

Kipekee is “baie rustig, nog nuuskierig oor alles en ondersoek alles elke dag,” het Bright bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

kaplyn ·

Hierdie kameelperd in van Amerika en ek verstaan nie hoekom sy ‘n Swahili naam gekry het nie. Ek stem nog steeds vir “spotless”!

Karoo ·

lol…. sal sy dan dit aanvaar en verstaan? Terg net, dink ook die naam is meer gepas

Gert ·

Ek sou hom spottie genoem het, nes my een friend ” Seekat” wat sy naam gekry het nadat hy sy arm en been in n motorfiets ongeluk verloor het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.