Kritiek oor paartjie se ‘gulsige’ troukaartjie

Die kaartjie wat na gaste uitgestuur is (Foto: Facebook)

ʼn Facebook-gebruiker het ʼn troukaartjie aanlyn gedeel waarna die paartjie van gulsigheid beskuldig is.

In die kaartjie vra die paartjie, deur middel van ʼn gedig, vir kontant in plaas van geskenke. Ná die koste van ʼn venue, die rok, spyseniering, fotografie en al die ander uitgawes, waardeer talle paartjies waarskynlik eerder ʼn paar rand as net nóg ʼn geskenk.

Talle gaste gee dus gewoonlik vir pasgetroudes eerder kontant as ʼn geskenk, maar die manier hoe dié Australiese paartjie dit aangepak het, het hulle kritiek op die hals gehaal.

Hulle het voor die troue ʼn “wensput”-kaartjie uitgestuur wat die leser aanmoedig, “pull out your greens and let it be seen”.

In Australië is “greens” ʼn ander woord vir ʼn $100-noot (sowat R1 175) weens die kleur van die noot.

Die gedig op die kaartjie lui:

Our bank account is in debt,
and we would like it to go back into credit.
Please visit the ATM,
we know you’re a gem.
Pull out your greens and let it be seen
that your kindness is real
when it’s given its final seal.
So place your cash in our wishing well
and make our dreams come true, that will be swell.

ʼn Foto van die kaartjie is deur die ontwerper op Facebook gedeel en dit het intussen soos ʼn veldbrand versprei, berig die Daily Mail.

“Eeek … Ek dink die keuse van woorde oor die wensput is bietjie … stylloos?” het een Facebook-gebruiker gesê. Talle sosialemediagebruikers was geskok oor die paartjie se blatante versoek. “Wow. Ek het nog altyd gewonder wat die ‘hoflike’ manier is om vir geld te vra. Ek weet dis nie só nie.” Nog ʼn persoon het laat weet: “Gulsig. Ek sal nie verbaas wees as hulle regtig ʼn kitsbank by die troue beskikbaar het nie.”

Ander het gesê hulle is eerder geskok oor die gehalte van die gedig. “Ek vind eerder die poging tot rym en om ʼn gedig te skryf aanstootlik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

kolonel ·

Ek reken hulle was eerder net reguit met hulle verwagtings. Die mense wat nie van die gedig of idee hou nie is welkom om weg te bly en te EFT :-)

Misky ·

Ek is seker maar oudtyds, maar ek vrek eerder voor ek sal vra vir geld. Tog kan mens verstaan en alles so duur deesdae. Moet sê die kaartjie en gedig klink nie vir my so erg as wat almal dit afmaak nie – ek het al erger gesien

kolonel ·

Hulle het gevra vir geld eerder as goedkoop toasters, of items wat nie in hulle smaak val nie etc. Die minimum bedrag is seker voorwaarts – maar as jy nie vra nie gaan jy nie kry nie ;-)

Faraway ·

Ek dink geskenke moet gestop word!!!!
Dit raak ydel, geldgierig en belaglik veral na die tyd as bruid met misnoeë tekene gee dis nie haar smaak of keuse nie. Of geskenk is nie duur genoeg nie!
Omrede huwelike deesdae makliker op die rotse loop . . . kan gaste eerder raad gee oor hoekom hulle huwelike hou en dit neerskryf op mooi papier en agterna kan bruid dit in n lêer saambind en as die storms kom, daarin gaan moed skep!!!!

Fritz ·

Ek koop altyd iets spesifiek vir die bruidegom. Gereedskap of iets vir sy sport. Dit was immers nog altyd my vriende wat trou, nie my vriendinne nie.

Twopence ·

Baie goeie idee. Daar is immers nie net ‘n huis nie, maar ook ‘n garage of motorhuis.

Anoniem ·

‘n Geldjie in die sak is beter as ‘n geskenkie op die rak.

RS ·

En dis nuus omdat….? Die lewe is deesdae vol taktlose mense… Hierdie is n voorbeeld. Hulle vergeet dat daar dalk mense is wie nie n geldjie kan gee nie. Sterkte vir hulle.

SwartBees ·

Hulle kan die geld wat hulle wou gebruik vir die geskenk dan net deponeer. Niemand hoef te weet wie gee wat nie. Ek like die idee.

Debby ·

Dishoekom daar 15 jaar terug niemand by my troue was nie, het ok niemand genooi nie dit was my en my man se dag en vir famielie komentaar en geskinder het ek nie gehad nie. Het in vrede getrou en is nogsteeds gelukkig oor my besluit

SwartBees ·

Ek dink dis baie beter as om n vieslike slaai bak te kry wat net in die kas plek vat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.