Misterieuse muurpapier steur huiskopers

Die huis in Blackwood, Adelaide. (Foto: Harcourts Packham)

Voornemende huiskopers in Adelaide, Australië, se monde het oopgehang nadat foto’s van ʼn huis in Blackwood op sosiale media die ronde begin doen het.

In een van die leë slaapkamers kan ʼn blonde kleuter in ʼn wit nagrok gesien word wat by die deur staan en ʼn teddiebeer vashou.

Die figuur is direk op die muurpapier geverf en is glo deur een van die dogters van die vorige eienaars gedoen, het Mirror berig.

“Daar was agt meisies wat in die huis grootgemaak is en een van die kinders het dit jare gelede op die muurpapier geverf,” het Peter Jeffrey, eiendomsagent van Harcourts Packham in Australië, gesê.

“Ek het die eienaars daaroor uitgevra. Een van hulle het vir my gesê sy kom saam met die huis, maar sy eet nie baie nie.”

Jeffrey het gesê dat die figuur op ʼn toegemaakte deur geverf is. “Dit is ʼn soliede, vasgeboute skuifdeur wat lank nie meer gebruik word nie. Ek is nie seker hoekom dit daar is nie.”

Die slaapkamer met die geverfde muurpapier. (Foto: Harcourts Packham)

Sosialemediagebruikers het vinnig kommentaar op die ongewone kunswerk gelewer.

“Ek kan nie agterkom of dit snaaks of vreesaanjaend is nie,” het een geskryf.

ʼn Ander het gevra dat die huis afgebrand word, terwyl ʼn derde dit “spookagtig” genoem het.

“Nee. Nie vandag nie, Satan,” het een vrou geskerts.

Volgens Jeffrey word hulle oorval met e-posse en oproepe van mense wat wil weet of dit nie moontlik ʼn werklike spook is nie.

Die drieslaapkamerhuis is al vir 57 jaar in besit van dieselfde eienaars wat onlangs in ʼn versorgingsoord ingetrek het. Die huis sal op 28 November op ʼn veiling verkoop word.

Die res van die huis:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

mynie ·

Baie baie goed gedoen. Ek sou dit net so gelos het. Rerig uniek.

Louise ·

Dit is baie mooi, maar ek sal elke keer as ek wakker word myself in ‘n ander geloof in skrik

Misky ·

Dis werklik besonders en mooi, maar sal my bang maak en te spookagtig. Sal nie daar kan bly nie jammer

FM ·

Ek sien nie spoke nie.

‘n Kunswerk wat deur ‘n kind gedoen is. Indien dit enigsins moontlik is, bewaar dit seblief.

Lynette ·

Ek stem saam, dis ongelooflik goed gedoen. Haal die deur uit, raam en verkoop as kunswerk, Dierbaar probleem opgelos!

Emma ·

As iemand nie ‘n dak oor hul kop het nie, gaan daai min pla. ….skenk die huis.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Baie goeie kuns. En jy sê dis ‘n kind wat dit gedoen het? WOW! Mag my nagmerries gee party aande (soos wanneer daar ‘n donderstorm is), maar as ek die nuwe eienaar kon wees, sal dit bly.

Plaaskind ·

Ek sien ook niks spookagtig aan die kunswerk nie, ek dink dis elke persoon se keuse wat om daarvan te dink. Bv as jy heeltyd glo dit spook daar oor die kunswerk, gaan jy jouself bang maak. As jy dit bewonder, gaan jy nie eens aan spoke dink nie.

Ansie ·

Daardie kombuis en badkamer so enige spook weggejaag het – so dis net ‘n pragtige kunswerk.

Tinker ·

Dit laat my dink aan die ou pente van die dogtertjie wat huil. Dis pragtig. Dalk was dit die kind wat daar gebly het se maatjie.

Agter die skerms ·

Sjoe, ongelooflike prentjie van die doggertjie op die muur, maar ek sal ook baie bang wees – baie bang.

Danny ·

Unieke, pragtige stuk kuns – mens is mos nie bygelowig nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.