Die modewêreld is gereeld verdeeld. Elkeen het sy eie smaak – kleur, snit, materiaal, en nog meer.
Crocs het egter sedert sy ontstaan opslae gemaak: daar is diegene wat dol is oor die gerief en gemak van dié skoene en ander kan hulself nie ʼn paar indink nie.
Crocs het weer met ʼn nuwe skoen vorendag gekom, en dié een het ʼn hak.
Die skoen, die Siren Clog, is soortgelyk aan die standaard ontwerp, maar het ʼn hak van 9,2 cm.
Crocs het ʼn video van die skoen op sy TikTok-profiel gedeel wat reeds meer as 3,3 miljoen keer gekyk is. “Wanneer laai jy Creels in jou mandjie?” het Crocs by die video bygevoeg. ʼn Paar skoene is te koop teen $84,99 (sowat R1 500).
Kykers was in twee geskeur oor die video.
“Ek is dol hieroor! Ek was nog nooit ʼn aanhanger van Crocs nie, maar ek kan dalk van plan verander!” skryf een persoon.
“Ek is obsessief oor Crocs. Ek het byna elke tipe wat beskikbaar is,” skryf nog iemand.
“Ek verstaan nie die opwinding nie. Dit is die lelikste skoene wat nog ooit bestaan het,” skryf nog iemand.
“O aarde, hoekom?” wil nog iemand weet.
- Siren Chain Clog (Foto: crocs.com)
- Siren Chain Clog (Foto: crocs.com)
@crocs When are you adding the Creels to your cart?
Nee heng, dis werklik nie vir my mooi nie en nog minder toe ek die prys sien!!!!!
Ek hou nogal van ‘n croc, maar die goed is niee vir my nie. Nog minder die prys!!
Dit lyk…….. jinne dit lyk amper soos John Travolta van Grease Lightning toe hy daai stywe swart leer uitrusting aangehaad het met die kettings… LOL… LOL. Ek sal my as af lag as ek ‘n vrou in dit moet sien.
Gewone Crocs is lelik maar die skoene, en die kleur is grotesk. So duur vir ‘n plastiek skoen. Sal dit seker nooit verstaan nie.
Wel hulle is gemaklik, dis verseker. Sal dit egter nie buite my woning dra nie. Lyk nou maar net eenmaal kommin. Die enigste goed wat meer kommin was, was die vissie plakkies.
Prys is woes, maar ek dink die skoen gaan gemaklik wees.
Nee dankie, ek loop eerder kaalvoet!
Afskuwelikste uitvindsel ooit.
Ek sou verseker ‘n ander antwoord gegee het toe ek nog jonk was. Maar op my ouderdom sal ek enigeiets dra wat gemaklik is, nie pyn veroorsaak nie en my nie laat swik nie.