Nasa deel foto van halssnoer in die hemelruim

(Foto: ESA/Hubble & NASA, K. Noll via @nasahubble/Instagram)

Nasa deel gereeld verstommende video’s en foto’s van ruimteverwante inhoud op sy sosialemediaplatforms.

Die ruimteagentskap het Woensdag ʼn merkwaardige ruimtelike verskynsel gedeel, bekend as “kosmiese juweliersware”. Dit is 15 000 ligjare van die Aarde geleë en is geneem deur die lens van die Hubble-ruimteteleskoop.

Dié planetêre newel is die Necklace Nebula gedoop.

“Dit is geskep deur twee verouderende sonagtige sterre wat naby aan mekaar se wentelbaan beweeg het. Een van die verouderende sterre het vergroot en sy kleiner maat verswelg, maar die kleiner ster het op sy wentelbaan binne die groter ster gebly,” het Nasa gesê.

Dit het die groter ster se wentelkoers vergroot totdat groot dele daarvan na buite gedraai het en die ring het die Necklace Nebula geskep. Digte gaswolke vorm die helder “diamante” rondom die ring.

“ʼn Klein, heldergroen streek gas word omring deur ʼn ring van gloeiende kosmiese materiaal Dit lyk soos diamante in ʼn halssnoer. Die res van die foto wys die swart ruim met ʼn paar helder sterre en ʼn paar kleiner streke donkerrooi gas.”

Talle gebruikers het hul verwondering uitgespreek.

“Dit is só mooi,” skryf een persoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Republikein in die Wes Kaap ·

Wat gaan aan daar vêr in die buitenste ruimtes?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.