Seun se gedig raak juffrou se hart

Benjamin Giroux (Foto: Facebook)

Dit was aanvanklik net huiswerk, maar dié rou en emosionele gedig het ʼn juffrou se hart, en nou ook sosialemediagebruikers wêreldwyd, se harte aangegryp.

Benjamin Giroux was in 2016 ʼn 10-jarige van Plattsburgh in New York toe sy juffrou vir haar klas huiswerk gegee het om ʼn gedig te skryf wat met “I am” begin.

Benjamin, wat outisties is, is gewoonlik nie openhartig oor sy emosies nie. Sy gedig het egter wêreldwyd opslae gemaak en raak die harte van mense wat dit lees.

Hy het intussen ʼn Facebook-profiel geskep waar hy inligting en stories deel van ander kinders wat ook op die spektrum is en selfs ʼn gedig van ʼn seun wat met Asperger-sindroom gediagnoseer is of motivering vir kinders wat geboelie word.

Met sy #oddtoo-hutsmerk probeer Benjamin dit vir ander kinders duidelik stel dat daar ook ander kinders is wat dalk dieselfde probleme het.

Hier is sy gedig:

I am odd, I am new,
I wonder if you are too
I hear voices in the air
I see you don’t, and that’s not fair
I want to not feel blue
I am odd, I am new
I pretend that you are too
I feel like a boy in outer space
I touch the stars and feel out of place
I worry what others might think
I cry when people laugh, it makes me shrink
I am odd, I am new
I understand now that so are you
I say I, “feel like a castaway”
I dream of a day that that’s okay
I try to fit in
I hope that someday I do
I am odd, I am new.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Esmeralda ·

Dis so waar maar baie hartseer. Maar dis kinders met die meeste liefde. Mooiste harte en soo… Sterk hul gee nooit op nie. My seuntjie is een van hulle. Hulle ia anders maar dit maak hulle Uniek.

Aria ·

Gaan kyk na ‘Sam the Hedgehog” om meer te leer oor outisme en die outisme spektrum in Suid Afrika. Sam the Hedgehog is ook op Maan Creative se web tuiste.

vonnie ·

sonder om eers die berig te lees en direk na die gedig te gaan kon ek agterkom die kind is outisties. my seun is ook, dit is wonderlik dat hy sy gevoelens so kan uitdruk. talent vra nie of jy inpas nie. daar is nog soveel om te leer oor outisme, en my kind vat my elke dag deur dit. dit is ‘n voorreg om hom as kind te he, nie ‘n straf soos baie mense dink nie. ek verkies sy geselskap bo vele ander sin!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.