Teekoppie van R1,2 miljoen gesteel

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Wilson Blanco / Pixabay)

ʼn Teekoppie ter waarde van 10 miljoen Japanse jen (sowat R1,2 miljoen) is uit ʼn winkel in Japan gesteel. Die bestuur van die winkel het Donderdag die diefstal ontdek.

Die teekoppie, gemaak van 24 karaat goud, het uit Takashimaya se tak in Tokio verdwyn. ʼn Uitstalling van goue items word in dié tak te koop aangebied.

Die gesteelde teekoppie was een van die duurste van die meer as 1 000 stukke blink tee- en eetgerei en ander artefakte wat op uitstalling is, het ʼn woordvoerder van Takashimaya aan AFP gesê.

“Dit is in ʼn deursigtige boksie, wat nie gesluit was nie, gehou. Klante kon dit maklik uithaal om dit van naderby te beskou.”

Beeldmateriaal wys hoe die man die teekoppie in sy sak druk en van die toneel vlug, het plaaslike media berig. Die polisie is op soek na die verdagte.

Die uitstalling duur voort, maar Takashimaya sal sy sekuriteit opskerp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hussin ·

Ontspan, dit is net ‘n tee koppie, geen tee koppie is R1.2 werd nie.

Nommer 7 ·

@Hussin, teen R42,000 per gram kan die koppie dalk so baie werd wees. Net, watter tee sal jy drink uit die koppie, Laager of Joko?

Hussin ·

@Nommer 7, nee, dit is net ‘n bemakings ding. Soos baie goed. So dink mense tot vandag toe dat diamante waardevol is. Moeilik om te bekom. Nee. Bemarking. Word die koppie vir tee gebruik? Duidelik nie. So waardeloos. ‘n tee koppie se waarde le in dit waarvoor hy gebruik word. Nie regtig waarvan hy gemaak word nie. Is goud regtig waardevol? Wie het dit besluit.

Santie Gildenhuys ·

Ek dink jy drink VYF ROSE daaruit. Die vyfde roos vir jou, my … lat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.