Video: Blou blomme soos ‘die hemel op aarde’

Skermgreep uit die video

Meeste mense dink dadelik aan die pienk kersiebloeisels wanneer hulle aan Lente in Japan dink. Daar is egter een ligging, naby aan Tokio, wat ook verstommende tonele bied in die Lente.

Gebruikers op sosiale media is verstom oor die skoonheid.

“Dit lyk soos die blou hemel op aarde,” skryf een kyker. “Dis ontsettend mooi. Golwe van blou blomme!” skryf nog iemand.

Die video is by die Hitachi Seaside-park in Tokio verfilm en daar is reg deur die jaar, tydens die verskillende seisoene, ʼn skouspel te sien.

Die park het ook ʼn kermiswiel, sowat 30 meter bo seespieël, wat ʼn merkwaardige uitsig bied oor die blou lug, die blou blomme en die blou oseaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.