Video: Bruidegom daag in ʼn kis op

Skermskoot uit die video

‘n Man het ʼn herrie op sosiale media veroorsaak toe hy in ʼn kis by sy troue opgedaag het. Die bisarre voorval wys hoe die man se beste vriende ʼn kis vorentoe dra.

Een van die gaste het die oomblik verfilm en dit op TikTok gedeel waar dit miljoene keer gekyk is. Die video is daarna op verskeie ander sosialemediakanale gedeel.

Kykers trek egter hul neus op en sê dit is baie oneerbiedige gedrag.

Volgens die New York Post was dit vir ʼn troue in die VSA.

Die onbekende bruidegom word in die gangetjie afgedra in ʼn swart kis. Twee strooimeisies lei die gevolg.

Skermskote uit die video

Die video wys egter nie die reaksie van die bruid of die bruidegom nie. Die gaste was aanvanklik verbaas en was nie seker of daar dalk ʼn lyk in die kis sou wees nie. Hulle was nog meer verbaas toe die deksel oopmaak en die bruidegom uitklim, berig die New York Post.

“Hy het till death do us part te ver gevat!” skryf een persoon.

News.com in Australië meen dit is nie duidelik wat die man met die toertjie wou uitbeeld nie, maar hy het beslis ʼn stelling gemaak!

@tobz88

Tell me you’re dramatic without telling me you’re dramatic. #wedding #walkingdowntheaisle #areyoukiddingme #getthefucouttahere #tildeathdouspart

♬ Rest In Peace – Dorothy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

George ·

Commin. Ek weet net nie hoekom trou mense wat dit sien as “doodvonnis” of “ball and chain” nie.

BOKKIEBEK ·

Dis net ‘n bespotting – seker nog nie ‘n geliefde aan die dood moes afstaan, en die kis moes dra nie..

Sarel ·

Dit gebeur wanneer jy aandag soek. Kan bly wees hy het nie die seremonie in die Kis verlaat nie.

blia ·

As ek die bruid is, los ek hom net daar voor altaar. Geen man doen my guns om met my trou as hy probeer insinueer sy lewe is nou verby nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.