ʼn Bruidegom is gewoonlik emosioneel op die dag wat hy met sy mooiste vrou in die wêreld trou en ʼn paar trane word soms gestort. Dié bruidegom het egter trane in sy oë van al die lag.
Die strooijonker het tydens dié troue die konsternasie veroorsaak: vir een of ander onverklaarbare rede het sy broek skielik afgeval. Hy probeer sy broek weer so vinnig as moontlik optrek, maar almal begin saam lag oor die onverwagse wending.
Die bruidegom sukkel om daarna sy lag te bedwing.
Die video is al in 2009 op YouTube gedeel, maar doen tans weer die ronde op sosiale media.
Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier speel nie
Ek onthou dit en dit is sooo snaaks, ek hoop nou 9 jaar later dat hulle nog gelukkig getroud is en self met pienk voetjies met wie hulle saam kan lag oor daardie dag.
Wanneer ‘n mens mismoedig voel na jy al die aaklikge nuus gelees het, moet jy hierna kyk- dis baie goeie medisyne!
Bietjie senuwees-histerie ; D
Hoe verveeld het die mensdom geword om iets wat 9jaar mens n bietjie laat glimlag het, weer optegaansoek en weer tekere gaan
Ag toe nou, “J”. Pluk daai besem uit jou agterent uit.
Mors jy sopas kosbare sekondes van my lewe.
J, blykbaar is jy die enigste een wat verveeld geword het. Vat n blik op jouself en evalueer n bietjie die “mindframe” wat jy beoeffen. Dinge is rof daar buite, ek weet, maar probeer om dit minder rof vir jouself te maak deur die houding en siening wat jy jouself mee bevind tussen die mensdom en hul dinge jong, sterkte.
Baie snaaks en lag aansteeklik. Ek dink hy lag terwyl hy kan. Van more af verander dinge !!!!
Dis n ou video, maar steeds baie snaaks hahaha….
“J”
Dit moet vreeslik wees om geen sin vir humor te he nie…. Snaaks bly snaaks maak nie saak hoe oud dit is nie! Probeer bietjie lag in die lewe, jy sal sien hoe baie jy dit gaan geniet!
Dagga is nie n man se speelmaat nie……
Gee hom so 5 jaar dan kan hy nie ophou huil nie.
Dis die eerste ruk snaaks, maar ek voel die persoon wat hul getrou het moes ‘n breek kans gegee het, tot almal lekker uitgelag het en gekalmeer het voor hy aangegaan het met die diens. Dis so ‘n belangrike dag en belofte aan God dat mens dit nie half-half wil doen nie. My opinie
Baie aansteeklike laggie. Hulle sal nooit daai dag vergeet nie!