ʼn Video van ʼn kleuter wat haar inleef in ʼn fliek is reeds meer as 6.4 miljoen keer op YouTube gekyk.
Die gebruiker tlupher3 het gesê hy het opgemerk dat sy dogtertjie, Raegan, baie emosioneel is toe sy ʼn rolprent oor ʼn vermiste babapikkewyntjie kyk. Hy het die kamera só gestel dat dit haar afneem terwyl sy kyk.
Kykers is duidelik dol oor haar reaksie.
Ag moeder! Die oulikste mensie met die mooiste hartjie!
Dis net ‘n vrouehart wat so kan breek!!!
Dis te dierbaar.