Video: Hond wag getrou by hospitaal vir eienaar  

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Hond het ses dae lank voor ʼn hospitaal in Trabzon in die noordooste van Turkye op haar eienaar gewag totdat hy ontslaan is.

Cemal Senturk is op 14 Januarie per ambulans na die Medical Park-hospitaal vervoer. Sy hond, Boncuk, het die ambulans agternagesit en sy het dae lank buite die hospitaal gewag totdat haar eienaar ontslaan is.

Familie van Senturk het Boncuk kom haal en huis toe geneem maar sy kon daarin slaag om te ontsnap en het weer voor die hospitaal gaan wag.

Boncuk het vinnig in hospitaalpersoneel se harte ingekruip en hulle het haar daagliks kos gegee en versorg.

Senturk en Boncuk kon mekaar deur ʼn venster van die hospitaal dophou en nadat hy ontslaan is, is hulle buite die hospitaal herenig.

Sentruk is al die afgelope nege jaar Boncuk se eienaar.

Boncuk the dog waited for her owner for 6 days outside Medicalpark Hospital

Cemal Şentürk who is living in Trabzon has been transferred to Medical Park Hospital,Trabzon by ambulance on January 14th. His dog “Boncuk” has followed him to the hospital gate and refused to leave for 6 days until his owner was discharged. Medical Park Hospital, Trabzon staff has noticed the dog and informed the family. Even though the family has taken Boncuk back home he managed to escape everyday to wait at the hospital gate. Boncuk has been embraced by hospital staff and he was fed and taken care of everyday. Cemal Şenturk has been with Boncuk for 9 years and he also stated that he missed him a lot during his stay at the hospital. Mr. Şenturk has communicated with his dog through his hospital room’s window to comfort him. After his was cleared to go out he met his dog at the hospital gate. Boncuk has behaved really sweet during the 6 days and has managed to capture the love and affection of the whole staff of Medical Park Hospital, Trabzon. Medicalpark Hospital Group, founded in 1993, is now the biggest private hospital group of Turkey, The group serves hundreds of thousands of patients every year with its 30 hospitals all around Turkey.

Posted by Medical Park International on Saturday, January 23, 2021

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Snowball

Wonderlike storie!

Chivago

Daar is niks soos die onvoorwaardelike liefde van ‘n hond nie, dankie dat julle gereeld sulke mooi stories met ons deel.

Pieter

Sulke liefde is onbeskryflik groot, sal dit nooit vergeet en onbetaal los nie. Gelukkig met my 7 honde familie.

RS

Ai voitog…diere is wonderlik!

Eend Bessinger

Oubaas se honne!