ʼn Hond het ses dae lank voor ʼn hospitaal in Trabzon in die noordooste van Turkye op haar eienaar gewag totdat hy ontslaan is.
Lees meerAlles vir Saterdag 23 Januarie 2021
Haaie klop WP ná slag in eerste skrum geslaan word
Kan die Haaie die Bulle klop?
Babalykie in vlak graf gevind
Die ouers van ʼn agt maande oue baba is deur die polisie vir ondervraging ingeneem nadat die baba se lykie in ʼn vlak graf in Warrenton in die Noord-Kaap gevind is.
Bieradvertensie moet verwyder word oor ‘giftige manlikheid’
Die Advertensiebeheerraad (ARB) het beslis die Windhoek-advertensie, waarin die akteur Gerard Butler te sien is, oortree sy reëls en dat die advertensie onmiddellik van die lug gehaal of verander moet word.
Oudwerker bedrieg Cell C glo uit R64 m.
Die Valke het verlede jaar met ʼn ondersoek na die aangeleentheid begin nadat ʼn interne oudit by Cell C gedoen is en beweerde ongerymdhede aan die lig gekom het.
Hulp gevra met soektog na Klarissa
“Hordes lede van die gemeenskap dra intussen kos en koffie vir die moeë soekspanne aan. Almal in die gemeenskap werk saam.”
Bezuidenhout, Coetzee blink uit in woestynstad
Die son het Saterdag in Abu Dhabi helder geskyn op Suid-Afrika se Christiaan Bezuidenhout en George Coetzee in die derde ronde van die Abu Dhabi-gholftoernooi.
Bulle ’n tree nader aan Curriebeker-glorie
Die Pretorianers en Johannesburgers het elk drie drieë op Loftus Versfeld gedruk, maar ’n magdom strafskoppe het die Leeus geslaan waar dit die seerste maak: Op die telbord.
Internasionale oorsig: Navalny bly doring in Poetin se vlees
Die een stem van opposisie wat Poetin egter reeds tien jaar lank nie kon stilmaak nie, is dié van die opposisieleier Alexei Navalny.
Larry King sterf op 87
Die legendariese aanbieder was een van die bekendste gesigte op Amerikaanse televisie, en was bekend vir sy opgerolde moue, veelkleurige dasse, kruisbande en groot bril.
Twee brand erg toe hulle brandstof wou steel
“ʼn Brand is in ʼn mielieland daar naby opgemerk en by nadere ondersoek is dit vasgestel dat die vlamme van die pypleiding af kom.”
Egpaar vas wat hulle as mediese praktisyns voordoen
Volgens die RGB het die egpaar onwettig as mediese praktisyns gepraktiseer terwyl hulle nie by die raad geregistreer is nie en medisyne verskaf sonder ʼn geldige resepteringslisensie.
Verdagte vas jaar ná moord op sakeman by vulstasie
ʼn Man is die afgelope week in hegtenis geneem in verband met die moord op die 42-jarige Cobus Fourie.
Willemien & Philomène: Die Afrikaanse nooi met die Franse alter ego
“So vinnig soos wat ek ʼn ou grappie in Afrikaans kan maak, so vinnig kan ek hom nou ook in Frans maak. Die taal stap al ʼn lang pad saam met my.”
Só sê VF Plus oor Wes-Kaapse afstigting
Afstigting of sesessie is nie net ʼn geval van “ek is ʼn staat en basta met die res” nie, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.
Twee heerlike resepte vir nasionale pasteidag
Vandag vier ons nasionale pasteidag – die lekkerte wat ʼn geurige vulsel in ʼn deegkombersie toedraai sodat dit makliker na ons mond vervoer kan word.
Staatsbegrafnis vir Mthembu
Jackson Mthembu, minister in die presidensie, word môre (Sondag) tydens ʼn staatsbegrafnis ter ruste gelê.
Rower in parkeerterrein doodgeskiet
“Die man het in ʼn stadium op die grond geval waarna hy sy vuurwapen uitgepluk en op die aanvallers losgebrand het.”
Covid-19: ‘Belowende bewyse’ van afwaartse neiging
“Ons hou dit fyn dop om ons proses te bepaal vir ons aanbeveling dat van die beperkings wat tans geld, hersien word,” het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, gesê.
Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle, sterftes aangemeld
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydagaand die jongste Covid-19-statistieke bekend gemaak.