Rower in parkeerterrein doodgeskiet  

(Argieffoto: Kent Williamson)

ʼn Rower is Vrydag doodgeskiet toe hy en drie makkers twee mense in ’n parkeerterrein by ’n winkelsentrum in Rustenburg, Noordwes, beroof het.

Volgens kol. Adele Myburgh, woordvoerder van die polisie, het die rowers omstreeks 09:15 ʼn vrou by haar motor oorval. Hulle het haar met ʼn mes gedreig voordat hulle haar voertuig deursoek het. Sy is van juwele en haar motorsleutel beroof.

Kort daarna, teen 09:50, is ʼn man oorval nadat hy uit die poskantoor gekom het. Hy is vermoedelik deur dieselfde vier verdagtes aangehou en van sy selfoon en kontant beroof. “Die man het in ʼn stadium op die grond geval waarna hy sy vuurwapen uitgepluk en op die aanvallers losgebrand het.”

Een van die verdagtes, ʼn 42-jarige man, is noodlottig gewond. “Nog ʼn verdagte is glo in die been geskiet, maar hy en die ander twee verdagtes kon daarin slaag om te vlug.”

Paramedici van ER24 het die verdagte op die toneel dood verklaar. Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê ʼn vrou het haar arm beseer terwyl sy tydens die skietery probeer skuil het. Sy is op die toneel behandel voordat sy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling.

Die polisie ondersoek twee klagte van roof en een van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

domheks ·

Een sal nie weer roof nie! Jammer die ander het weggekom. Ons moet net paraat wees. Nou kry hulle hulle eie medisyne.

Stefan ·

Watter moord?
Selfverdediging teen rowers klink nie vir my na moord nie.
As die rowers die man doodgemaak het sou dit moord gewees het.

Sonia ·

Hoekom word daar altyd ‘n klag van moord ondersoek wanner iemand uit self verdediging’n krimineel dood? Moet ons dan nou gaan lê en sê maak my maar dood my want ek wil tog nie self van moord aangekla word nie? Waar is die reg hierin?

Jan Nel ·

Niemand het gesê “gaan lê word maar doodgemaak” nie. Natuurlik moet dit altyd ondersoek word. As dit nie ondersoek word nie, gaan dit ‘n seë van moorde oopmaak, waar die verweer bloot was dat dit uit selfverdediging was. Ek dink nie laasgenoemde feit moet deur die pers en die mense wat dit lees bepaal word nie.

christo ·

Dis standaard prosedure. Die omstandighede word dan ondersoek en die verslag gaan dan na die staatsaanklaer wat dan besluit of daar enige geregtelike ondersoek moet plaasvind.

Ou bees ·

Dit moet ondersoek word dis hoekom. Anders kan enige iemand n ander persoon skiet en sê daai persoon wou hom beroof

Stefan ·

Dis reg ou bees, dit moet ondersoek word.
Maar moet dit net nie voorlopig moord noem nie, noem dit iets soos: ondersoek na selfverdediging met dodelike afloop.

JohanR ·

En die is maar net EEN rede hoekom jy NIE jou vuurwapen moet inhandig nie…….een dood en een hardloop rond op een been!

Nico ·

Nou kry die rowers gratis mediese behandeling in die hospitaal, wat onregverdig is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.