Covid-19: ‘Belowende bewyse’ van afwaartse neiging

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. (Foto: Twitter)

Daar was die afgelope week ʼn daaglikse afname in nuwe Covid-19-gevalle en daar is belowende bewyse van ʼn afwaartse neiging in hospitaalopnames.

Die positiwiteitskoers het ook geleidelik van ʼn hoogtepunt van 36% tydens die tweede golf na 19% Vrydag afgeneem, het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, gesê.

“Ons hoop dat hierdie afname in getalle noodsaaklike verligting sal bring vir ons oorweldigde gesondheidsorgfasiliteite, in sowel die openbare as private sektor. Ons hou dit fyn dop om ons proses te bepaal vir ons aanbeveling dat van die beperkings wat tans geld, hersien word.”

Die oordragkoers is egter steeds baie hoog en volgens Mkhize moet daar verseker word dat dié koers op ʼn aanvaarbare vlak is voor beperkings verslap kan word. “Dit is dus noodsaaklik dat ons voortgaan om te fokus op die dinge wat ons weet beskerming bied, naamlik die dra van maskers, sosiale distansiëring en gereelde ontsmetting van hande en oppervlaktes.

“Ons is dankbaar teenoor alle Suid-Afrikaners dat hulle hul rol gespeel het om die verwoestende gevolge van Covid-19 te versag.”

Sahpra keur entstof goed

Mkhize het intussen ook bekend gemaak dat die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) goedkeuring gegee het aan die nasionale departement van gesondheid vir die verspreiding van die entstof in Suid-Afrika.

“Ons sal in die volgende paar dae met die publiek in gesprek tree om terugvoer te gee oor die vordering met die eerste besending entstowwe wat ons gesê het in die eerste kwartaal ontvang sal word. In hierdie stadium wil ons Suid-Afrikaners verseker dat alles op dreef is. Ons werk nou saam met alle relevante belanghebbendes om te verseker dat die implementering van die inentingsprogram glad verloop.”

Volgens Mkhize is die regering die afgelope paar dae oorval deur aanbiedings van private agente wat die entstof wil versprei.

“As departement het ons besluit en wil ons die publiek inlig dat dit van kritieke belang is dat so ʼn agent en hul entstowwe se egtheid direk by die vervaardigers bevestig moet word. Dit is volgens ons die enigste manier om die kwaliteit van entstowwe wat deur derde partye verkry kan word, te waarborg.”

Die regering het direkte toegang om met die vervaardigers in kontak te tree en volgens Mkhize is ʼn proses aan die gang gesit om enige entstowwe wat deur derde partye aangebied word, se egtheid te bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Jaco ·

“Afwaartse neiging”. So kan die strande maar weer oopmaak? Of moet wit toeristebesighede aan die kus eers tot binne in bankrotskap geruïneer word?

Thom ·

Sien jy absoluut alles deur ‘n kleurbril ? Dink jy dat ondernemings in die besit van anderskleuriges minder beïnvloed word ?

Koos Kookwater ·

Kan Ek ook n agent word? Ek sal vir hulle se Ek stem ANC en Carl Niehaus is familie van My (Ek mag ook mos lieg)
Dalk kan Ek n paar miljoen verdien

KB ·

Die een kommentaar weerspreek die volgende. Nou hoe nou?
Dan lees mens ook NZ en Mkhize oorweeg vlak 4 in ander media. Die mense moet nou hul “mind” begin opmaak!

Hannes ·

Hou fyn dop, met die aankoop van die entstof kom daar weer GROOT skaal bedrog. Vir meer as 25 jaar ontvang die regering vet selarise deur verspotte uitlatings en bedrog, nou kort die land leiers en die onvermoë kom duidelik navore. Dit wil voorkom of kommunistiese ideologieë ‘n mikpunt is vir die onbevoegte regering om burgers totaal te beheer.

Jacobus ·

Iemand merk in die week op dat daar ‘n skielike daling in sterftes is. Die WGO het ook versoek dat die kritieke vlakke in meting minder sensitief gestel word agv die oormaat valspositiewes.
Maande het nou kwartale geword! Intussen krepeer die land.

Nici ·

Ek ken omtrent een persoon wat covid het persoonlik. Eks nog nie oortuig die histeria het lockdown verdien nie.

Anton ·

Lyk my daai twee weke om die hospitale voor te berei begin nou werk

Dup ·

Die (kader) “agente” staan tou vir die tenders om die entstof te versprei….blykbaar gaan die nou berugte bromponie ambulanse hiervoor gebruik word sodra die R20 miljoen herstelwerk aan die bromponies voltooi is. ñ Taakspan is reeds aangestel om die projek te bestuur en die 1ste inentings behoort voor 2030 te begin.Watch this space…..

Strandloper ·

“belowende bewyse van ʼn afwaartse neiging” bedoelende die anc? Iets stink na asbes?

JohanR ·

Ons hou dop hoe ons die privaat sektor verwoes……lekker!

Ian ·

Volgens gister se worldometer.info/coronavirus/ statistieke die volgende: Totale wereldwye sterftes teenoor aangetekende siektes: Wereld gemideld is 2.14% (met ‘n 2.4% verbetering die afgelope maand). Indie 1.44% (verbetering 0.7%). USA 1.67% (verbetering 5.4%). Swede 2.01% (verbetering 3.8%). RSA 2.86%(verswakking van 6.6% die afgelope maand. Hierdie is ‘n klinkklare bewys dat ons mediese owerhede besig is om agter te raak met die nuutste behandelings tegnieke. Kan iemand vir ons verduidelik hoekom Ivermectin wat buite SA deeglik getoets is op mense en fantastiese resultate teen corona en ander virusse aandui nie hier gebruik mag word nie omdat dit nie plaaslik getoets is nie maar ‘n entstof waarvan niemand weet wat die langtermyn gevolge gaan wees en wat reeds tientalle sterftes veroorsaak het wel onmiddelik goedgekeur word. Wat van die nuwe nuttelose middel Remdesivir wat blindelings gebruik word?

Johan ·

Toets minder dan is daar minder…wat n klug…hulle lieg darm lekker vir ons…

Jacobus ·

So na die Amerikaanse verkiesing kry Tedros et al nuwe woema en laat weet dat met solidariteit (gee ons hope geld) sal ons die pandemie oorwin.

Gawie ·

Tyd om die beperkings te lig en om die ekonomie weer aan die gan te kry.

Pietie ·

Dan klim die getalle weer nes alkhol weer verkoop mag word.

Swerkater ·

11 000+ nuwe gevalle klink vir my baie belowend ja…..?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.