Die video wys hoe die fietsryer in ʼn stil kruising ry wanneer daar skielik ʼn rooi motor en ʼn klein vragmotor op die toneel verskyn. Die rooi motor begin buite beheer tol nadat dit met die vragmotor bots. Die fietsryer word skrams deur die vragmotor getref voor die vragmotor omslaan.
Die fietsryer blyk ongedeerd te wees en staan vinnig op om te kyk of die ander bestuurders beseer is.
http://youtu.be/XhV-J14xY8Q
Goeiste….wys jou net hoe onverskillig sommige trokdrywers kan wees. Hoop hy word toe gesluit en sy lisensie ingetrek !!!!
Ek dog dis die motorbestuurder wat onverskillig is!
Wonder hoe werk hul verkeersreels? Sien nie stoptekens of toegeetekens aan beide kante nie? Sjo. Hy’s baie gelukkig! !