Video: Nege ure in plankstand is ʼn wêreldrekord

Josef Salek, ook bekend as Joska (Foto: Skermgreep uit die video)

ʼn Man van Tsjeggië het ʼn fisiese en geestelike uitdaging aangepak om ʼn plankstand vol te hou, en ʼn wêreldrekord verower.

Atleet Josef Salek, ook bekend as Joska, het deur die pyn en lyding gedruk om nege ure, 38 minute, 47 sekondes in só plankstand te bly, aldus Guinness-wêreldrekords.

Hy het Australiër Daniel Scali se rekord verbeter wat in 2022 opgestel is toe Scali nege ure, 30 minute en een sekonde sy maagspiere tot die uiterste beproef het.

Joska is ʼn terapeut, lektor en persoonlike afrigter en het die yslike uitdaging op 20 Mei 2023 aangepak tydens die Avatar-fees by die Park-hotel in Pilsen, Tsjeggië.

Sy storie is ʼn inspirasie en hy het sy filosofie oor die lewe heeltemal hersien.

Josef Salek (Joska) in sy plankstand (Foto: Jakub Janecek via Guinness-wêreldrekords)

“Vyf jaar gelede was ek 15 kg oorgewig. Ek was lief vir alkohol en sigarette. Maar ʼn sekere lewensveranderende oomblik het my tot ʼn transformasie gedwing. Die ding wat ek graag aan die wêreld wil gee, is dat dit nie saak maak hoe oud jy is nie – jy kan veranderinge aanbring om gelukkiger, meer lewenslustig en gesonder te voel,” het Joska aan Guinness-wêreldrekords gesê.

“Dit is trouens die einste boodskap wat ek wou versprei deur hierdie rekordpoging. Ek is vandag ʼn gelukkige mens. Ek is dankbaar vir dit wat ek ervaar en deurgemaak het, want vandag kan dit baie mense inspireer om te kyk wat moontlik is en om enige slegte omstandigheid te oorkom. Mens kan fisiese en geestelike grense ver bo jou verbeelding oorsteek.”

Joska sê sy die tegniek wat hy graag gebruik het om dié rekordpoging aan te pak, was aanvaarding. “Wanneer mens die moeilikheidsgraad van die oefening omhels, tesame met die feit dat die lewe nie net lekker en maklik is nie, besef mens dit is ʼn integrale deel van die lewe en van die oefening. So hoekom sou ek dit wou oorkom, daarteen wou baklei? So ek het dit net aanvaar, want dan is alles reg.”

Wêreldrekord-beoordelaar Jack Brockbank was teenwoordig tydens Joska se rekordpoging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Groen Ghoen ·

Absoluut ongelooflik, die gemiddelde mens sal sukkel om vir vyf minute lank so te bly “plank.”

Cathy ·

Ek kan net respek hê vir daardie soort
wilskrag en uithou vermoë. Welgedaan!

George ·

Dit wil gedoen word. Maar ek mis die ou rekords, nie opgemaakte nuwe “rekords” nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.