Video: Ongelooflik! Jongleur los drie Rubik-kubusse in die lug op

Skermgreep uit die video

Li Zhihao van China spog met ʼn wêreldrekord nadat hy drie Rubik-kubusse binne die vinnigste tyd opgelos het terwyl hy dit in die lug opgooi.

Dié jongleur het hierdie keer sy vorige rekord met 13 sekondes verbeter toe hy die drie kubusse binne drie minute, 16 sekondes opgelos het.

Die 22-jarige se rekordpoging is verfilm tydens ʼn talentprogram op die televisie, Lo Show dei Record.

Om as jongleur die kubus op te los, verg uiterste konsentrasie en fisiese vaardigheid. Benewens die feit dat jy kop moet hou om drie kubusse gelyktydig op te los, moet jy ook ʼn perfekte jongleur-ritme behou. Indien twee kubusse in enige stadium op dieselfde oomblik in dieselfde hand beland, word die poging beëindig, aldus Guinness-wêreldrekords.

Voor Li het die titel behoort aan Angel Alvarado van Colombië wat in 2021 ʼn tyd van 4 minute 52 sekondes drie kubusse opgelos het. Hy het in Mei 2022 dit verkort na 4 minute 31 sekondes.

Li het al ʼn rits Guinness-wêreldrekords opgestel. Hy kan dit nie net oplos terwyl hy dit in die lug opgooi nie, maar ook onderste, onderwater en in groepe.

  • Taalwenk: ʼn Jongleur is iemand wat toertjies doen met balle/borde/messe/ens. wat hy/sy in die lug opgooi en vang. Die persoon staan ook bekend as ʼn ewewigskunstenaar of wiggelaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.