Video: Ouma laat kobra les opsê

Skermgreep uit die video

Jou mond sal dalk oophang as jy dié video sien van ʼn bejaarde vrou wat sommer vinnig met ʼn kobra afreken – so rustig asof dit ʼn stuk tou is.

Die video word wyd op sosiale media gedeel nadat Susanta Nanda, ʼn bosbou-beampte van Indië, dit op Twitter gepubliseer het. Hy het die slang as ʼn kobra uitgeken.

Die vrou loop met die slang in een hand en sleep dit agter haar aan. Sy loop oor die perseel en gooi die slang weg.

“Ouma, dis nie hoe mens ʼn kobra hanteer nie,” het Nanda gesê toe hy die video gedeel het.

Talle Twitter-gebruikers het die ouma geloof vir haar waagmoed. Ander het laat weet dit is vermoedelik in Gujarat verfilm.

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Sarah ·

hahahaha ek sit en kry rillings soos ek gril vir daai slang en die ouma hanteer hom asof hy net nog n stok in die pad is… Knap gedaan… Ek sou dit nie waag nie, ek sou in die boom gaan wegkruip het.

Kerneels ·

Stuur haar asb om SAL uit te sorteer… sy vat nie nonsens nie.

Nell ·

Hehehe – stuur haar parlement toe. Ek sien al hoe sleep sy Malema aan die oor by die parlement uit

Ansie ·

Ek sal nie met daai ouma lol nie. Ek bewonder haar waagmoed. Sy het die slang ten minste laat leef.

antieke antie ·

wow wow wow… en die slang is nie happy nie… maar ek moet lag vir haar optrede…sy lyk self nie iemand wat mee gemors moet word nie….!!

Leon ·

Ek was drie jaar oud en het op ‘n kombers op die grasperk gesit. My ma is vinning in die huis in. Toe sy uitkom het ‘n swart mamba agter my opgekrul. Sy is terug in die huis en het met ‘n klein byltjie uitgekom. Sy het my eenkant to gestamp en die swart mamba met die klein byltjie in stukke gekap. Die les, moenie met ‘n ma inmeng nie.

Nell ·

Die slang se bek moes gesluit gewees het, want waaragtig – ek ken mambas van Oshakati se dae af – ma sou nie naby kon kom om ‘n hou in te kry nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.