Video: Oupa vermaak met sy danspassies

Skermskoot uit die video

Ouderdom is net ʼn getal en dié video is ʼn bewys daarvan.

ʼn Man vermaak kykers met sy energieke danspassies op die maat van “(I’ve Had) The Time of My Life”, ʼn liedjie deur Bill Medley en Jennifer Warnes wat bekendheid verwerf het in die fliek Dirty Dancing.

Die video is deur die Women’s Chamber of Commerce op Instagram gedeel waar ʼn man en vrou die salsa dans. Hy lig selfs die vrou op met sy een arm onder gejuig van die toeskouers.

“Ek het bly glimlag terwyl ek dit gekyk het!” skryf een kyker. “Hulle het my hart gesteel!” skryf ʼn ander. “Hierdie video maak my só gelukkig!” voeg nog iemand by.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Petronella ·

Baie goed nie almal wat ouer is is stokkie mense nie, geniet dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.