Video: Pa trek soos botspop aan vir dogter se eerste rit

Skermgreep uit die video

ʼn Video wat oorspronklik op TikTok gedeel is, het vinnig opslae gemaak toe die voormalige basketbalspeler, Rex Chapman, dit op Twitter gedeel het.

Talle pa’s is baie goed daarmee om hul kinders poetse te bak – met grappige gevolge vir omstanders. In dié video sit ʼn meisie gereed om vir die eerste keer motor te bestuur. In ʼn onverwagse wending klim pa dan in die motor – geklee soos ʼn botstoetspop.

Die dogter se uitdrukking terwyl sy na haar pa kyk is veelseggend en sy sê: “Jy speel te veel,” voor sy kammakwaai wegstorm.

“Ek kan nie ophou lag nie,” het Chapman gesê toe hy die video gedeel het.

Die video is reeds meer as 1,5 miljoen keer gekyk en word wyd gedeel.

Twitter-gebruikers is dol oor die pa se poets en sommige beskryf hom as “ʼn legende”.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Misky ·

Ha ha ha ha – dis baie goed gedoen en ek sou self darem lekker lag

VannieBaai ·

Ek neem nie die pa kwalik nie, maar is hy die regte leermeester aangesien sy dogter nie haar veiligheidsgordel aan het nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.