Video: SA groep het wêreld aan die dans met Jerusalema

Skermgreep uit die Helpmekaar Kollege-video

Die Suid-Afrikaanse kunstenaar Master KG het ʼn wêreldwye dansery aan die gang gesit met sy jongste treffer, “Jerusalema”.

Gesondheidswerkers, supermark-personeel, ouetehuis-inwoners en skoliere wêreldwyd het al aangesluit by musiekliefhebbers en beweeg saam op die aansteeklike ritme van dié liedjie.

Die oorspronklike musiekvideo is reeds meer as 76 miljoen keer op YouTube gekyk. Dit was die inspirasie vir talle ander groepe en individue wat ook die energieke passies wou namaak.

Volgens Master KG het die uitdaging, om die danspassies te leer en op video met jou talent te spog, in Angola begin toe ʼn groep vriende ʼn video gepubliseer het van die choreografie wat hulle uitgewerk het.

Choreografie uit Angola:

Helpmekaar Kollege:

Metropolisie in Durban:

Monnike:

Gesondheidswerkers in Swede:

Oorspronklike video:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Seeskilpadjie ·

Baie mooi. Veral die woorde.Jerusalem is my home
Guide me
Take me with You
Do not leave me here
Jerusalem is my home
Guide me
Take me with you
Do not leave me here

My place is not here
My kingdom is not here
Guide me
Take me with You
My place is not here
My kingdom is not here
Guide me
Take me with You

Guide me
Guide me
Guide me
Do not leave me here

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.