Video: Suzelle DIY gee winterwenke

Suzelle DIY (Skermgreep uit die video)

Die winter is in volle swang en terwyl sommige van ons nou uiteindelik verligting kry in die koue ná die warm somer, is dit vir ander maar ʼn stryd om aan te pas by die nuwe temperatuur.

As jy een is wat so gemaklik en warm as moontlik in dié wintermaande wil bly, het Suzelle DIY net die truuks vir jou!

Die doen-dit-self-foendi wys onder meer hoe om jou eie warmryssakkie uit sokkies te maak, én  hoe om ʼn kassie vir jou rusbank te bou sodat jy glad nie onder jou kombers hoef uit te klim nie – Suzelle maak die winter vir jou maklik!

Lees alle vorige berigte oor Suzelle DIY op Maroela, sluit by haar YouTube-kanaal aan of besoek haar Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.