Vyf sonsopkomste? Video laat internet verstom

Skermgrepe uit die video

Persone wat onlangs in Binne-Mongolië vroeg uit die vere was, het ʼn groot verrassing gekry toe hulle “vyf sonne” oor die horison opgemerk het.

ʼn Video van die verskynsel is deur plaaslike media gedeel met die beskrywing: “Wat ʼn verstommende wonder! Vyf sonne skyn in die lug in Noord-China se Binne-Mongolië.”

Die wetenskaplike verduideliking van die verskynsel is ʼn buitengewone optiese illusie wat temperatuur van minstens -20°C vereis. Daily Mail het in 2015 oor ʼn soortgelyke voorval in Rusland berig en verduidelik dit is ʼn “skynson” of “parhelion”. Die verskynsel is ook al onder andere in Minnesota en Noord-Dakota opgemerk.

Dit word veroorsaak deur klein blokkies ys wat in die lug bly hang.  Lees meer in hierdie Wikipedia-artikel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.