Wêreldrekord: Al sewe vastelande binne drie dae

(Foto: Ali Irani/Instagram)

Twee mans van Indië het al sewe vastelande binne drie dae, een uur, vyf minute en vier sekondes besoek en ʼn Guinness-wêreldrekord ontvang.

Dr. Ali Irani en Sujoy Kumar Mitra het op 7 Desember 2022 in Melbourne, Australië aangekom om hul rekord binne 73 uur af te handel.

Volgens die rekordboek is die twee mans passievolle reisigers wat glo alle rekords moet verbeter word.

“Ons was vandag dalk suksesvol om ʼn nuwe rekord op te stel – maar môre is dit dalk iemand anders wat weer ons rekord verbeter!” het die twee gesê.

Irani en Mitra het al sewe vastelande – Asië, Afrika, Europa, Noord-Amerika, Suid-Amerika, Antarktika en Australië besoek. Hulle het op 4 Desember uit Antarktika vertrek en op 7 Desember in Australië aangekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

piet ·

Dis baie goed maar ek kan my huis daarop wed dat hulle dit probeer doen het binne 72-uur wat hulle nie gemaak het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.