Wêreldrekord vir rubberbene

Kelsey Grubb (Foto: Guinness-wêreldrekords)

ʼn 32-jarige vrou van Nieu-Mexiko in die VSA het ʼn Guinness-wêreldrekord ontvang omdat sy haar voete byna 180 grade van voor na agter kan roteer.

Kelsey Grubb het die grootste voetomwenteling en kan haar voet 171,4 grade draai.

Sy het aan Guinness-wêreldrekords gesê sy het haar unieke talent ontdek toe ʼn kollega haar genader het. “Ek het by ʼn biblioteek gewerk en die jongste wêreldrekordboek (2021) het pas verskyn. ʼn Kollega het dit deurgeblaai en lukraak die bladsy oopgemaak oor die grootste voetomwenteling. Sy het gegril toe sy dit sien,” verduidelik Grubb.

Grubb het daarna op ʼn stuk papier gestaan en probeer om self haar voet te draai en gesien sy kan moontlik die rekord verbeter.

“Ek het nie geweet hoe die mates geneem moet word of wat ek moet doen nie,” verduidelik sy.

Kelsey Grubb (Foto: Guinness-wêreldrekords)

Sy het altyd geweet sy is slap, maar het aangeneem meeste mense kan hul voete wyer as 90 grade draai.

Sy het glad nie vir die poging voorberei nie. Haar talent het handig gepas gekom met haar ysskaatsloopbaan omdat sy agter haar kon kyk sonder om haar voete te beweeg.

Grubb het op ʼn dag by Guinness-wêreldrekords aangeklop om te hoor wat sy moet doen.

Guinness het vandeesweek die artikel oor Grubb gepubliseer wat haar rekord bevestig.

Die rekord vir die grootste voetomwenteling (manlik) is deur Aaron Ford van Utah, ook in die VSA. Hy kan sy voete met 173,03 grade roteer.

Kelsey Grubb (Foto: Guinness-wêreldrekords)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.