Woef klop langasems in uitmergelende wedren

Cactus (Foto: Gear Junkie)

Die Marathon des Sables, die “moeilikste veldwedloop ter wêreld” het verlede week plaasgevind. Deelnemers moet ongeveer 226 km (140 myl) binne ses dae aflê in die suide van Marokko deur die byna onbegaanbare Sahara-woestyn.

Vanjaar se ster was egter ongetwyfeld ʼn hond, wat vinnig Cactus gedoop is, wat entoesiasties by die deelnemers aangesluit het. Hy is die eerste hond wat dié ultramarathon voltooi het. Tegnies het hy nie die hele Marathon des Sables gehardloop nie, want hy het eers halfpad deur die tweede dag by die marathon aangesluit. Almal is egter gemaklik om dié kwessie te ignoreer.

Cactus het só vinnig ʼn groot groep aanhangers gehad dat organiseerders hom met ʼn resiesnommer (“000”) toegerus het en ʼn halsband met ʼn GPS-opspoorder sodat sy vordering aanlyn gemonitor kon word.

Cactus het korte mette gemaak met die langste en moeilikste been van die wedloop. Hardlopers moet dié 75 km in minder as 31 uur aflê. Cactus het dit binne 11 ure kafgedraf.

Deelnemers het goed na hom omgesien tydens die wedloop en deurgaans vir hom kos, water en sy maag gekrap by toesigpunte.

Die mediese span het hom ook by oornagplekke ondersoek en seker gemaak dat hy in ʼn goeie toestand is.

Cactus het by die eindstreep sy eie spesiale medalje ontvang.

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Poppie ·

Die hond is beter as meeste mense om so lank te kan uithou/aanhou. Wonder net waar het hy vandaan gekom? Rondloperhond of iemand wat hul doodsoek na hul hond of sy eienaar wat ook gehardloop het?

Onnie ·

Watter mooi video, ek kry sommer trane. Te oulik my honne. ‘n Hond is darem maar ‘n wonderlike lojale dier. Sidner om te dink dat mense hulle so mishandel. Soos bv dog fighting.

PaulV ·

Maroela Media; baie dankie vir hierdie mooi storie. Dit maak my dag.

Andreas ·

Pragtig! As die wedren hier plaasgevind het, sou ons hom seker ‘Kaktus van die Vlaktes ‘ gedoop het.

Ifa ·

Baie dankie vir die mooi storie, sal net graag wil weet wat van Cactus geword het na die tyd.

JohanL ·

Beste storie van die dag, nee week, ek bedoel maand :)

Wow wow wow – fantasties. Welgedaan oubaas se honne.

JohanL ·

Skuus en ook welgedaan aan al die deelnemers wat hom deel gemaak het van die wedloop en hom aanvaar het. Dit laat mens se hart sommer weer lekker klop.

Helene ·

Cactus, jou oulike hond. Hoop hy is weer met sy familie herenig. Ek sou hom enige tyd aangeneem het. Mooi storie!

Landi ·

Absoluut stunning. Pragtig Cactus, update ons assebief indien moontlik waar Cactus hom nou bevind. Dankie

Nettie ·

Wel, geen wonder “Cactus” het beter gepresteer as die meeste ander deelnemers nie – hy het dan vier bene! Die ander deelnemers het almal net twee ……

Sandy ·

Nou wonder ek net wie is Cactus se eienaar? Dis wonderlik dat Cactus die wedren afgele het al het hy 4 bene. Mooi so ou honne, ek dink jy was ‘n inspirasie vir die ander deelnemers.

is ek reg ·

Dalk n rondloper hond (tragies) maar ek dink hy het dalk die meeste liefde gekry en uitgedeel in dai wedren en ek dink dalk die tydjie die beste kossies gekry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.