Video: Tshwane-metropolisie raak handgemeen met ouers voor kinders

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

WAARSKUWING: Die video bevat kru taal wat sensitiewe kykers kan ontstel. Dit is nie geskik vir kinders nie.

ʼn Rustige uitstappie na Zitapark in Garsfontein het vir twee inwoners van Pretoria in ʼn nagmerrie ontaard toe metropolisiebeamptes hulle glo hardhandig hanteer het ná ʼn woordewisseling oor ʼn Chihuahua.

Een van die inwoners, David du Plessis van Garsfontein, ʼn senior voorman van ʼn siviele konstruksiemaatskappy, is glo bygekom omdat hy die vermeende polisiebrutaliteitvoorval op sy selfoon afgeneem het. Die ander inwoner, Chris de Lange (36), ʼn motorelektrisiën van Mooikloof, is die eerste slagoffer wat op die video te sien is.

Die twee mans het mekaar glad nie voor Saterdag geken nie, maar ken mekaar nou goed nadat hulle agt ure saam in aanhouding by die Garsfontein-polisiestasie spandeer het.

Du Plessis het sy agtjarige seun Saterdag na die park geneem. “Die park is 3 km van my huis af geleë. Ons gaan gereeld soontoe om daar met my honde te stap of sodat my seun daar kan gaan swem. Ek het nog nooit probleme daar ervaar nie,” het Du Plessis Dinsdag aan Maroela Media gesê.

Hy het gesit en wag terwyl sy seun swem toe hy omstreeks 14:00 sien daar is ʼn onderonsie by De Lange se groep, waarna hy sy selfoon gereed gekry het om die drama af te neem.

De Lange het aan Maroela Media verduidelik dat sy gesin saam met ander gesinne by die park was vir ʼn kinderpartytjie. “Een van die mense het ʼn klein Chihuahua daar gehad,” het De Lange gesê. “ʼn Vroue veiligheidswag het na ons toe gekom en gesê die hond mag nie daar wees nie. Dit is egter bog want die park is troeteldiervriendelik, dit word só op die park se borde en op die Tshwane-metro se webwerf aangedui.”

Die wag het daarop aangedring dat hulle die hond in die motor moet los, waarop De Lange gesê het hulle weier, aangesien dit ʼn baie warm dag was.

Die wag het die metropolisie ontbied. Vier beamptes het kort daarna by die toneel aangekom en De Lange gekonfronteer. “Hulle wou glad nie na ons redenasie luister nie. Hulle het van die staanspoor af laat weet dat ons verkeerd is en dat hulle ons nie daar soek nie. Hulle het heeltyd hul vingers voor my gesig rondgeswaai,” het De Lange bygevoeg.

Hy het in ʼn stadium moedeloos omgedraai om weg te stap waarna ʼn beampte hom glo toegejou het: “Hey boy, f*** you, come here”. “Ek het my toe bloedig vererg en vir hom gesê ‘ek is nie jou f***** boy nie’.”

Die beamptes het hom daarna voor sy kinders hardhandig behandel en in ʼn vangwa buite die park geboender.

Du Plessis se video begin hier. Terwyl hy die inhoud agterin die vangwa wou afneem (glo ʼn spul motoronderdele en ʼn spaarwiel), word die deur skielik toegeklap. Die beampte wend dan sy aandag op Du Plessis. Op die video kan mens sien hoe Du Plessis geklap en gevloek word, waarna hy ook in hegtenis geneem word. Die video stop dan.

Du Plessis vertel dat die beampte daarna probeer het om sy selfoon by hom af te neem, maar hy kon daarin slaag om in die harwar sy foon by een van De Lange se kennisse uit te kry sodat die beamptes nie daarmee kon peuter nie.

“Toe ek agter in die vangwa was, het ek vir hulle gevra wat van my kind gaan word, toe sê die beampte vir my ‘I feel f*** all  for you child”. Ek het vanuit die vangwa vir iemand gevra wat ek nie eens ken nie, om my kind net veilig by die huis te kry. Hulle het niks vir my of my kind se welvaart gevoel nie,” het Du Plessis aangevoer.

Die twee is daarna glo na die Garsfonteinpolisiestasie gehaas. “Ek weet nie wat die noodgeval was nie, maar dit het gevoel of ons slegs 30 sekondes lank van die park na die stasie, wat 2 km daarvan geleë is, gery het,” het Du Plessis bygevoeg.

Die twee was tot 22:00 in aanhouding voor hulle vir die eerste keer gehoor het op watter aanklagte hulle in hegtenis geneem is.

De Lange is aangekla van publieke dronkenskap, en crimen injuria. Du Plessis is aangekla van inmenging met die pligte van die polisie, en verset teen inhegtenisneming.

De Lange het aan Maroela Media gesê hy drink glad nie alkohol nie en het daarop aangedring dat daar bloedtoetse geneem word, wat nie gebeur het nie.

Du Plessis voer aan hy kon duidelik van ʼn afstand af sien dat die beamptes arrogant was en hy is in hegtenis geneem omdat hy polisiebrutaliteit aan die klok wou hang.

Die twee was gister by die hof in Hatfield waar hulle twee ure lank gewag het tot ʼn ondersoekbeampte hulle meegedeel het dat die saak uitgestel is vir verdere ondersoek.

Senior superintendent Isaac Mahamba, woordvoerder van die metropolisie, het by navraag aan Maroela Media gesê die metropolisie is bekommerd oor die beampte se vulgêre taalgebruik wat in die opname gehoor kan word. “Ons kan egter nie voor verdere ondersoek beoordeel of weet wat alles tydens die voorval plaasgevind het nie,” het Mahamba gesê.

Hy het gesê die inwoners kan die voorval by die nodige owerhede aanmeld as hulle voel hul regte is geskend. “Die inwoners kan die metropolisie se onafhanklike eenheid wat sulke voorvalle ondersoek by 082 891 8652 skakel, of dit by hul naaste polisiestasie aanmeld.”

De Lange het reeds ʼn klag by die Garsfontein-polisie en metropolisie aanhangig gemaak. Du Plessis is uitstedig vir werksverpligtinge en het aan Maroela Media gesê hy onderneem om dieselfde te doen.

[wpvideo mZrcPPKo]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

112 Kommentare

Theresa ·

Goeie hemel – kan niemand meer soos ordentlike opgevoede mense enige plek bymekaarkom nie? Die wêreld het heeltemal mal geword. Kyk bietjie om julle rond………………..

Ockie ·

Ek weet nie hoe om die video te kyk nie, maar my bloed kook, want dis geensins rassisme nie, maar anti- whitism.

anet ·

Ek is so bly dat iemand dit afgeneem het, so nie was dit hulle woord teen die mense wat hulle aangerand het,

Hoe kan ‘n mens respek vir hulle he. Hulle gedrag spreek boekdele. Sommige Polissie beamptes is ook “bullies” teenoor vroue wat hulle stop en wat alleen in die kar is. Hulle is net dapper as daar
meer as een van hulle is, en moenie die polisie vroue vergeet nie, onopgevoed, blink vet,en herkouend aan ‘n “chappie” dat dit knetter en kraak met ‘n oop mond As vroue het hulle geen benul van beskaafdheid en goeie maniere of vroulikheid nie. Hulle staan ook nooit regop nie, moet altyd aan iets hang of teen ‘n motor le. Die lyf is te swaar van al die eet, en te min oefening.

Die paar wat nog ordentlik is, is maar dun gesaai.

netek ·

Dit is hoog tyd dat barbare wat in uniform gestop is om “wet en orde” te hanhaaf in die bek geruk word!!!

lorayne ·

En ons moet respek hê vir die gereg. . . Ek hoop julle, Menere Du Plessis en De Lange dagvaar die Metro uit hulle sokkies uit!! Ek het lanklaas soveel arrogansie belewe. . .

boer ·

So begin dit als, Die blanke word geteiken , want hulle wil ons nie meer in hierdie land he nie.
Kort voor lank,sal hierdie n baie meer algemene verskynsel in suid afrika word

Nichelle Steyn ·

Ons was ook al by die park met ons honde waartydens die vroue veligheidswag ons by die hek weggewys het. Ons het voorheen gereeld met ons honde daar gaan stap en daar was geen probleme nie. Ek wonder wanneer die nuwe reel ingestel is en wie die ongeskikte wag aangestel het. Sy draai nie doekies om nie.

Dit is jammer want Zitapark was nog altyd ‘n gesin- en troeldiervriendelike park en dit was altyd so lekker om daar te gaan stap. Dat die veiligheidswag nou sulke drastiese stappe moes neem net omdat iemand ‘n klein hondtjie in die park ingebring het, is onaanvaarbaar. Al die drama, net omdat die reels van die park nie duidelik uiteengesit is nie, is jammer.

Anita ·

Die vroue sekuriteitswag was daarop uit om ‘n herrie te veroorsaak, kontak haar werkgewer aangesien sy verkeerde inligting aan die metro gegee het rakende honde wat wel toelaatbaar is.

Snaaks hoe gou die metro opdaag nadat sy hulle kontak.

jaqueline ·

Ek perssonlik dink die metro en die security was het gedink hulle gaan n paar raand maak vir die dag, Veral die Metro is baie baie lief vir bribe money

Hannes Coetzee ·

Sal graag die “polisie beamptes” se name wil hê om op my lys van kriminele te plaas. Hoop die twee wat onwettig gearesteer, aangehou en mishandel was maak n saak teen die polisie.

Marius ·

Sulke optrede deur die Poliese is duidelik rasisties, maar dit sal natuurlik heel eerste ontken word. “Swart mense is mos nie rasisties nie”

Tammy ·

Dit is n absolute vereieste dat daar na die sekuriteitswag ook ondersoek ingestel word. Die mens het dalk n behoefte om moeilikheid te maak en hoort nie in hierdie werk nie. Fire die sekuriteitswag!!!!!

André ·

Kry die video sommer baie gou op Youtube ook sodat mense dit kan share. Dit gaan seker nie lank wees voor die video hier verwyder moet word…

Werner ·

is dit regtig waarheen ons land op pad is, wie geen hulle die reg om so op te tree en mens so te behandel, hoop dit gaan tot die diepste ondersoek word, was baie skerp gewees om hulle af te neem, mens moet hulle net aanhou expose, dit is al, hoe meer swak publisiteit hulle kry hoe meer druk gaan daar op hulle geplaas word om hulle skaflik teenoor die publiek te gedra. Die wag aan duty kon dit meer diplomaties hanteer het, dalk menslik gewees het en die mense tegemoed gekom het, maar o ja, sekker nie eers graad 1 agter haar naam nie en kan ook nie vir haar self dink nie, wie het die wag aangestel? hoe moet mens veilig voel met boewe wat in mags posisies geplaas word, net om ons verder te boelie, lekker groot bek voor hulle maats maar kan mens skaars in die oe kyk as hulle alleen is, selfde met Malema se storie in Tzaneen waar hy en sy pelle 1 wit man alleen aanvat, lafhartig as jy my vra, ons gaan dit ook maar net tot op ‘n punt vat ????

Nollie Greyling ·

Ek vertou nie die SAPD nie. Negentig persent van hulle ken nie die wet of het n beperkte kennis van die wet. Dus maak hulle hul eie wette soos wat hul aangaan en gebruik hulle hul mag en geweld om dit uit tevoer. Ek is bevrees om te se hierdie is die soort van behandeling wat daar vir jou wag as jy blank is.Ek is ook bevrees om te se dat dit nie gaan veander nie.Die rede is as daar n ondersoek is na sulke voorvalle is die ondersoek span nog meer onbevoeg as die mense wat hulle moet ondersoek.n polisie mag kan net n polisie mag wees as sy lede.van edele inbors is en n goeie kennis van die wet.het. Daar by saam moet hulle ook goed opgelei wees..Daar is so baie polisie lede wat self krimenele rekord het so hoe kan hulle wet en orde handhaaf.

Harde Waarheid ·

Dit is sulke dinge wat die pot nog gaan laat oorkook in die land.

Christelle ·

Dis so verkeerd! Die video sal maak dat ek en my gesin nooit weer na Zita Park sal gaan nie! Daar gaan dan seker soos altyd niks met die flippen polisie manne gebeur nie?

anet ·

Daar is Regulasies in die Staatskoerant wat stupileer oor Wette van Openbare Parke asook
Kennisgewingsborde. Die Munisipaliteit is verantwoordelik om die Regulasies van bepaalde Park
in drie amptelike tale op die kennisgewing aan te bring.

So die Munisipaliteit so Openbare Parke kan ook aangetree word, dat daar nie geskrywe staan dat Honde nie meer toegelaat word by die Park nie. Die Sekuriteits wag oortree ook sekere wette wat van toepassing is in openbare parke.

Daar is dit nou uit die Perd se bek.

DAVID DU PLESSIS ·

NAANDSE DAME…JA EK STEM SAAM MET U…WEET U DAT NA DIE VOORVAL HET DIE SEKURITEITS BEAMPTES GEGAAN EN ROOI LINT OOR DIE HONJIE AAN N HALSBAND TEKEN GAAN PLAK EK HET OM 10:00 UUR SONDAG OGGEND WEER GAAN FOTOS NEEM

Drieks ·

Daar was darm baie polisie om ‘n hondjie te ondersoek. Hul net soos die EFF en misdadegers, daag altyd in “groepe op”. En wie vermoor die polisie in die land, hul eie swart mense.

Hilary Pace ·

I am so angry and in utter shock yet again …. when are the police going to abide by the very law they take a oath to enforce and live by …. the police are not above the law! I am sick and tired of their ego’s and the power hungry mentality. The guy filming did nothing wrong … he is within his right to film it … he was not causing anybody harm. I have no faith in our police force and they continue to embarrass us on a daily basis ….. police … bad apples all round!

Andre ·

Dieselfde het laasweek met my gebeur.Kinders is op Brackenfell stasie se brug deur stasieslapers mondelings aangeval,vorige week besteel en laasweek aangerand. Ek het hul gese om weg te gaan waarna n swart sers van die polisie my voor ongeveer 9 stasieslapers uitgeskel het dat hulle net soveel reg soos ons daar het. Het net my plig as buurtwaglid uitgevoer om dorp veiliger te maak. Die sers het gese ons het geen reg op die stasie oorgang om dit veiliger te hou nie. Hy het my verkleineer waarna ek later geloop het voor hy my gearesteer het. My duidelik laat voel soos n rot voor die mense. Dag daarna is n skoolkind op brug aangerand. Sers se meisies moet eers verkrag word voor hulle kan optree,maar ons buurtwaglede mag nie patrollie op brug doen nie. Hoe nou?

Boere ASEM ·

Hoekom wil Maroela nie my komentaar wys nie, of raak die blad soos al die ander blaaie wat nie die waarheid wil hoor nie

Kobus ·

Wat dink julle is die kans dat hierdie berig en die gebeure in die Afrikaanse koerante van Media24 of hul webwerwe sal beland?

DAVID DU PLESSIS ·

DAAR IS N ONDERHOUD MET DE LANGE MORE WAT DEUR BEELD GEREEL IS

Dave ·

David du Plessis, moet nie so in hoofletters skreeu nie. Skryf skaflik, ordentlik en bedaard soos ons ander. …. Dave du Plessis

Johan ·

Ek persoonlik is ook verbonde aan dieselfde afdeling en kannie regtig kommentaar lewer aangesien ons nie heeltemal weet wat van die begin af gebeur het nie maar waarop ek wel kan kommentaar lewer , is dat die behandeling en taalgebruik na die in hegtenis neming gladnie profesioneel van die beamptes was nie.
Dit is nie maklik om konflik situasies te hanteer nie maar ons is geleer om ons werklike gevoelens te onderdruk en net alles so kalm as moontlik te hanteer tot na die dossier en beskuldigdes alles deur die sisteem is en dan te gaan antwoord op alles in n strafhof op n bepaalde dag en tyd.

Na gelang van die agressie vlak en houding van die verdagte/s mag slegs die nodige geweld toegepas word. Ek wil net noem dat ons ook mens is en foute maak en soms ook verskriklik deur die publiek uitgelok word maar ons moet dit maar ten alle tye probeer onderdruk. Ek wil nie die beamptes se optrede verdedig nie maar wil dit ook nie ter gelyke tyd goedkeur nie maar soos ek gesê het ons moet wag en hoor wat werklik van die begin af gebeur het voor ons enige afleiding kan maak, en indien die beamptes wel sleg opgetree het hulle dan die nodige stappe teen hulle moet aanvaar, en dieselfde geld vir die verdagtes. My beroep op almal is dat julle asseblief nie moet veralgemeen nie want ons probeer regtig hard om wet en orde te handhaaf dankie.

Kobus ·

Dankie vir die insig en jou skrywe. Dan vra ek so, het jy syfers beskikbaar wat bevestig wat die aantal siviele sake die afgelope jaar en die vorige jaar of drie was wat teen die polisie vir onregmatige gedrag, asook wat die bedrag uitbetaal was? Dit vir die kategorieë, onregmatige arrestasie en aanhouding en dan ook vir aanranding?

Brett ·

Ek dink Johan praat onsin en weet net so min soos die ander Metrolede in die video wanneer hulle geregtig is om iemand te arresteer. Ek hoop wanneer die saak vir skadevergoeding vir kwaadwillige inhegtenisneming gewen is die manne se regsverteenwoordigers sal vra vir ‘n kostebevel de bonis propriis sodat belastingbetalers nie daarvoor ook aanspreeklik sal wees nie.

Gert van Niekerk ·

Ek bied my regsdienste gratis aan sou enige van die twee mans belangstel.

Jaco ·

Gert, los jou e-pos adres of telefoon nommer asb. Ek dink die meeste mense sal vir jou dienste betaal as hulle in so situasie sou beland. Net goed om jou kontakbesonderhede byderhand te he as dit enige van ons sou oorkom.

Hilgard en Riki ·

@Gert van Niekerk FANTASTIES!!!!!!! Min soos jy onder ons. Wonder hoe sou die wat so negatiewe kommentaar te lewer het gevoel het as dit hul was of van hul familie lede….wonder maar net.

Dave ·

Groot van jou Gert… wat ‘n netjiese gebaar! Laat ons asseblief terugvoering kry in hierdie selfde forum.

DAVID DU PLESSIS ·

u is baie welkom op u eie opinie tot iets eendag met jou of jou familie gebeur dan praat ons weer…ek het tot dusver al 3 familielede aan plaas moored afgestaan en 4 vriende aan cash in transit roof togte toe ek by SBV gewerk het…1 vriendin wat verkrag en toe aan die brand gesteek is haar lyk is 3 maande later eers gevind…2 huis vriende van my ouers wat in hul huis oor rompel is met kook water gebrand met n strykyser dood geslaan is toe is die vrou verkrag na sy dood is…staan op joun regte meneer anders gaan jy alles verloor

jaqueline ·

Ja david dis waar wat jy se, Wat sal Pierre B de Villiers doen as iets met sy dogter,seun of vrou of suster of iemand way na aan hom is iets gruweliks moet gebeur, Hy skaam hom vir die optrede van die witmense wat van skaam kry oor die nie blanke metro beamptes wat die mense so gevloek het, wat nie die regstelse ken nie, Ja ons weet nie wat aan die begin gebeur het nie maar die metro het geensins reg opgetree nie,David ja my man werk ook vir SBV en het al baie slegte dinge gesien. het baie kollegas al verloor in CIT. Wie is Pierre om te judge

Anne ·

Ek stem, skaam my eerder vir die swak patetiese gedrag vd swart lede in uniform. dink Pierre moet wakker skrik

jaqueline ·

Ja david dis waar wat jy se, Wat sal Pierre B de Villiers doen as iets met sy dogter,seun of vrou of suster of iemand way na aan hom is iets gruweliks moet gebeur, Hy skaam hom vir die optrede van die witmense wat van skaam kry oor die nie blanke metro beamptes wat die mense so gevloek het, wat nie die regstelse ken nie, Ja ons weet nie wat aan die begin gebeur het nie maar die metro het geensins reg opgetree nie,David ja my man werk ook vir SBV en het al baie slegte dinge gesien. het baie kollegas al verloor in CIT. Wie is Pierre om te judge

Riaan Slabbert ·

Ek skaam my vir mense soos JY Pierre B. de Villiers

Nick ·

Pierre ek het jou geantwoord maar Maroela het dit verwyder- laat my dink of vryheid van spraak net vir jou werk maar nie vir my nie Dalk ook maar beter so!

Dave ·

Mense, ignoreer De Villiers. Dit is ongelukkig so dat sommige mense jammerlik desperaat na aandag soek al ìs dit ook op die onnooslikste moontlike manier.

Pieter ·

Wys vir daardie ander ou, wat is sy naam nou weer, o-ja Piet Croukamp (is dit ‘n C of ‘n K ) die politieke ontleder wat so min van politiek weet dat hy vir Agang gestem het, wys hom die video en vra of die mense se grondwetlike regte geskend is. Indien nie hoekom nie en indien wel wat nou ? Hoekom, vra hom, word polisie lede wat onregmatige arrestasies doen nie self verantwoordelik gehou vir die suksesvolle eise nie. Hoekom moet die lydende party as bekastingbetaler dan self sy eis aan homself betaal. Onregmatige arrestasie is tog nie deel van hulle normale uitvoering van pligte nie. Regter du Plessis het indertyd die opspraakwekkende uitspraak teen die individuele polisiebeamptes gemaak om net in die Apelhof ter syde gestel te word. Sien nou wat gebeur.

WOUTER ·

JA NEE KYK MENS KAN NIE EERS MEER DIE POLICE BEL VIR HULP NIE
EK PRAAT UIT ONDERVINDING DIE POLICE IS NET SOO SLAP IN DIE BROEK SOOS DIE RES
WENS IEMAND KAN IETS DOEN AAN DIE MENSE WAT DINK HULLE IS BO DIE GEREG EN DINK HULLE KAN WEG KOM MET ALLS NEE MAN DIT WERK NET NIE NOU MOET ONS VREES VIR IN BREEKERS EN DIE POLICE WAAR GAAN DIE ALS OP EINDAG

Jaco ·

Wouter, mense gaan eenvoudig reg in eie hande begin neem. Daars uiteraard gevolge, maar dalk is die gevolge soms beter as wat jou aanvallers/intimideerders jou gesin aan sou blootstel? Dis nou as jy die kans kry om hulle te konfronteer.

My pa moes op 3 sep vermoor word op sy plaas. Hy leef nog steeds en boer al te lekker. Ons het gelukkig 2 dae tevore inligting ontvang en toe gaan voorsit – niks het gebeur nie behalwe hul voetspore wat gekom en gegaan het…… Volgende keer sal ons nagsig beskikbaar he…

Jaco ·

Dit is vir my vreemd dat die CPF nie geroep is nie. Hulle sou verseker die situasie kon ontlont veral as meer en meer lede begin opdaag. Ek is in moreleta en was al telke male in soortgelyke gevalle en sodra die groenligte in getalle begin opdaag het metro of onttrek of hulself mooi gedra. Wel dit was seker 3 jaar gelede toe dinge rerig gewerk het soos dit moes…. Toe begin interne politiek die sisteem afbreek en is daar nou basies niks meer oor nie….. Ek is ook nie meer betrokke nie.

DAVID DU PLESSIS ·

NAANDSE MENEER AS U OP DIE VIDEO KYK WAAR DIT BEGIN WAS DAAR N LID VAN DIE CPF MET N RADIO SY WOORDE AAN DIE ANDER LEDE VAN DIE FAMILIE MET DIE BLOU HEMP WAS BLY DOOD STIL ANDERS WORD JULLE OOK TOE GESLUIT,HY HET SWART HARE EN N BOKKIE BAARD MET N SWART RADIO IN SY HAND

Jan ·

@ Jaco – Ek hoop regtig jy lees hierdie, interne politiek is nie wat die sisteem laat afbreek het nie. Jul praat van die Polisie wat nie opleiding gekry het nie, wat van al die manne by die Bar wat besluit hul gaan nou n lid wees van die CPF?? Hierdie ouens in die CPF maak die wet op net soos hul gaan en as iets verkeerd gaan maak hul klomp vals stories op om hul eie bas te red. Hierdie Polisie beamptes het hul mooi gedra as jy vergelyk hoe die CPF party mense behandel…

jaco ·

Naand Jan. Dankie ek het wel jou kommentaar raakgelees. Jou verwysing na polisie sonder opleiding was nie my kommentaar nie.

Ek gee jou gelyk. Vrot appels was, is, en sal altyd in enige CPF wees. Daars altyd cowboys wat eers ‘n drankie of twee moet neem voor hulle die perd kan opsaal vir die rit en die rit is dan dikwels (gewoonlik) onstuimig. Ek keur dit ook nie goed nie.

Gestel egter JY was die persoon in die video en jy was nog nooit ‘n vrot appel, ‘n slegte tamatie of pap piesang nie. Sou jy dan steeds dink die metro polisie se optrede was gematig, aanvaarbaar of geregverdig?

Karen Meyer ·

Neem asb kennis dat ek ‘n ondersoek gevra het by die Stadsraad se Ondersoekeenheid. Rdl K Meyer, DA Woordvoerder, Tshwane Metro

v jacobs ·

korupte d…dis nou die f…… mense wat die crime moet uithou hul is niks anders as apartheid soos hul dit altyd voorgegooi het nie …. dit is hoekom die media se suid afrika …let wel met klein letters is n circus nie……ek wens jul kan die koerant berigte internasionaal sien …hoe n bespotting is ons sa parlement…..

chris ·

gert van niekerk my nom 0835439809 bel my asb of gee jou kontak nom

Hendry ·

Ek dink ñ goeie idee sou wees as ons in ons hordes daar ñ Saterdag gaan spandeer met ons honde natuurlik.

Paplepel ·

Wel, ek en my buurman is Saterdagoggend nege-uur daar met ‘n piekniek mandjie, 4 groot honde en verskeie video kameras. Sien ons julle ook daar?

jaqueline ·

en ek gaan ook sommer my twee jack russels saam bring kan iemand my net verduidelik waar die plek is ek ken nie daai area so goed nie

Patat ·

Cool… :-) As ek in daai omgewing gebly het, was ek ook beslis daar met my drie honde! Ek hoop Maroela sal vir ons ‘n paar van die video’s oplaai om te geniet. Ek wens julle almal ‘n heerlike piekniek toe Saterdag. Julle moet almal selfoon-video-opnames maak.

Rhyno van Rensburg ·

Ek weet nie of ek die verkeerde video kyk nie, maar ek kan nie sien wat die beamptes verkeerd gedoen het nie. Is daar n ander deel waar die arrestasie plaasvind?
As jy so hardegat arrogant met n kamera in n polisie beampte se gesig tekere gaan, irelevant jou of sy kleur, sal jy altyd tweede kom.

Patat ·

Rhyno, dalk sal dit help as jy jou oë oopmaak terwyl jy die video kyk, en dalk jou ore ook. Dalk as jy die berig ook eers lees, kan dit help met blinde sig en dowe neute.

goerge ·

rhyno ek stem saam met jou. Patat julle almal hardloop en se dis verkeert en dit en dit endit…….. heel duidelik ken jy nie die wet nie. jy mag geensins enige iemand op video neem en publish sonder sy toesteming nie.. so dink maar mooi wie is een met blinde sig en dowe neute.

Dave ·

Miskien het jy opgelet Rhyno, dat goerge se spelling nog swakker is as joune.

Jasper ·

n Klein hondjie se ogies gaan na 8 dae oop. Nou na 20 jaar in die NUWE S.A begin party mense se oe eers oopgaan.

Hilgard en Riki ·

Hoe kan hul nr 1 hom boei of inhegtenis neem sonder dat hy gese is waarvoor hy aangekla word, sonder om sy regte te lees, waarop as ek mag se baie sake al uit howe gegooi is.
Tweedens is dit wat die “wonderlike” SAPS gedoen het nie aanranding, crimen injuria?
Wat de hel gaan aan met die goed!!!!!!!!!

Steve ·

Rassisme. Tipies in ons land. Minderhede word soos gemors behandel en geen rekenskap vir die gemors wat hulself polisie noem nie. Braai hulle met siviele eise.

Rottie ·

Shuwha wa , Wat? Iemand daaraan gedink om daar te gaan stap met sy Rottweiller Reun? Net ,wie moet dit optel ?

Paul ·

‘n Mens moet jou kommentaar so polities korrek lewer op Maroela Media dat ‘n mens maar net sowel vir die ANC kan stem en vra ‘ Kom verneder en vermoor my as blanke asb”. Ek sal maar eenvoudig nooit weer kommentaar lewer op hierdie blad nie.

Lynette ·

Moet die metropolisie nie ook van child endagerment aangekla word nie omdat hy dan nou so moin voel vir die kind wonder maar net want hulle los ‘n kind dan sonder sy ouer in die park

jaqueline ·

Ek stem saam Lynette, Die bemaptes mag nie sulke goed vir kinders doen nie, hulle truamatiseer daai arme kinders so, nou moet daai kinders gaan vir counseling en wie moet dit betaal, die gaan uit die ouers se sakke kom want die government worrie nie meer oor die kinders nie. Asof die nie die genoeg is kom die hele ding voor in die hof dann stap die ou welfare ook in want dan is dit mos die ouers se nalatigheid volgense die welfare.Dit is mos altyd ons as ouers se skuld niemand worrie mos oor wat die ouers se kant van die saak is nie. Daai beamptesm oet sommer gefire word want hulle het die kinders se lewe in gevaar gestel

Johan ·

Ek was daar gewees toe dit gebeur het metro het die man geslaan en sy arms om gebuig om hom toe te sluit hy het aan die draad vas gehou waar hulle hom geslaan het en geskree het eina jy maak my seer in engels die security wag kry seker iets by metro beampte ek sal metro terug geslaan het vir self defence want dit was 4 metro mans teen 1 man

jaqueline ·

Ek hoop die footage is gestuur aan Carteblanch en die nuus op tv

Danie Roberts ·

Ek is opreg dankbaar oor die video clip wat geneem is van hierdie gebeurtenis. Ek hoop hierdie 2 slagoffers dagvaar hierdie soesifieke Metropolisielede tot in die grond in. Dit is vir my hartseer dat ons staatsbeskermingsbeamptes sy staatsinwoners so hanteer. Hierdie lede van die staat moet summier verwyder word.

Bill Rundle ·

Weereens is die swak opleiding en onkunde op die voorfront. Die diens rekords van die amptenare moet ondersoek word om vas te stel of hulle vorige klagtes of disiplinere stappe teen hull het, sal baie verbaas wees as daar niks is nie. Munisipale bywette in meeste gevalle laat honde toe in parke of openbare plekke met n vereiste dat die hond op n leiband moet wees en dat jy moet optel waar jou hond pos los. In elke geval moet daar n waarskuwing gegee word en die persoon moet of die hond op n leiband sit of verweider as honde nie daar toegelaat word nie. Baie interresant die onderdele in die voertuig, gekoop, gesteelde goed, gekonfiskeerde goed of persoonlike inkopies? Wat baie belangrik is dat die saak aangepak moet word op die meriete daarvan en ras moet uit die vergelyking gehou word. Hulle was buite orde selfs as die persoon hom verset het, hulle mag nie sulke geweld en taal gebruik nie. Wets prinsiep, gelyksoortige geweld? om jouself te verdedig.

Cindy ·

Ons moet net onthou hierdie verkeersmanne is baie belangrik hulle dra badge, hulle het die reg agter hulle… Maar wat my pla die manne hou besig met sulke “twak”. Maar as jy hulle nodig het dan is nooit in sig nie.. In die middestad is daar so op hou met paaie wat hulle herbou en hulle sal nie verkeer regileer nie, want hulle slaap nog vroeg in die oggend of middag as ons huistoe gaan dan is hulle klaar huistoe daar nie een verkeersbeampte in sig nie. Die mense ry so gatte ry oor geel ligte en rooi ligte daar word niks aan dit gedoen nie… Maar kyk hulle kan op hou met goed wat niks nodig is nie… Mens moet maar net vir die lag………. Patetiese

goerge ·

Marlene kry n donerse lewe. as die ou wou geld maak sou hy lotto gaan speel het. dit gaan oor BRUTALITEIT en rasisme. nie geld maak nie. gaan soek werk as jy wil geld maak. almal moan hulle steel ons geld leeg in die parlement… wat is jy beter as dit as jy die selfde is.. geld maak uit als uit… maak n verskil en wees iets anders. nie geld soek onder elke klip nie.

Nick ·

Ja George- en die onskuldige mans moet self hulle regskostes, verlies aan inkomste, vervoerkoste ens. betaal? Kry jy eers ‘n sompompie en dan ‘n lewe! Ek was daar- ek weet wat dit kos. En as die polisisie ons geld gebruik om hulle gesinne in amptelike motors rond te ry, hulle met SNT op weelderige vakansies neem- ek is seker hulle het ‘n lewe Net ons wat dit kort!

francois ·

dit is n grap..die rasisme van alle kante bereik nou n breekpunt..die groot konfrontasie is nou net om die draai…alles en almal se rughare staan nou regop…tik tik tik boooooeeeeemmmmm!!

Dave Willard ·

As ‘n oud soldaat, polisie beampte en Metro polisie beampte skaam ek my dood maar voel ek so gelukkig dat ek weg is daar. Elke dag se vernedering het my gebreek. Ek moes altyd my kop in skaamte oor sulke situasies laat sak. Skande. Eerstens – is daar nie ‘n bord op wat aandui wie en wat in die park toegelaat word nie? Daar stop die argument dadelik want die reels is aangedui. Tweedens – doen jou plig met trots, respek en self dissipline – mense kyk. Laastens – ek kan net bid dat dinge sal verbeter. Sterkte in S.A mense – ek mis die land maar nie die politiek nie.

Sandra Jacobs ·

Waar trek mens die streep? Wie is daar wat die Polisie kan aanvat as hulle dinge doen soos die! Wie het SAPS god gemaak? Al die korupsie, moord, verkragting le in leers in hulle kantore, maar hulle mors ons Tax geld om n kinder-partytjie te ontwrig oor n hond. Kinders wat vertroue moet he in ons Polisie mag, word haweloos gelos “omdat dit nie hulle probleem” is nie! Sjoe mense waarheen is die land oppad?

John Wolf ·

Bij ons in Vlaanderen waren die agenten al geschorst ,of in mekaar geklopt door de menigte ,het is duidelijk anti wit racisme ,machtsmisbruik van die dienders der “wet”
Afvoeren die handel ,geen genade massaal gaan betogen voor het politie kantoor

Adele ·

Die 2 menere kan ‘n saak maak teen die polisie en R60 000.00 in die sak kry vir “wrong full arrest”
Ek weet van iemand wat op ongegronde rede gearesteer was, wat so saak oopgemaak het en gewen het, R60 000.00 later.

Suzette ·

Jy is reg Adele, ons het ‘n saak teen SAPD gemaak, onregmatige arrestasie, gedagvaar met koste. SAPD het hulle daaraan afgevee maar ons het laat beslag lê op hulle bates en toe skrik hulle wakker. Ons het hulle skikking aanvaar. R70 000-00 in ons sak, ons regskoste was ook deur hulle betaal. Jy sal verbaas wees om te weet hoe vrot is die staat van sulke sake en hoeveel hulle maandeliks aan sulke eise moet opdok.

jp van Deventer ·

Het vandag verby die parkie gery na ek van die barbare insident gehoor het …toe besluit ek om op die internet rond te krap om meer uit te vind oor die reels van die parkie en op meer as 10 web tuiste het daar gestaan dat honde welkom is …maar vir my is die groot probleem die security guards wat jy dees dae kry dink hulle het die mag van die polisie ….hulle soek moeilikheid met jou inplaas om hulle werk te doen …..

Barbara Blignaut ·

Dit is ongelukkig nie die eerste keer wat so iets gebeur nie, en soos sommige mense alreeds gesê het, veral as jy vrou alleen in die voertuig is, dink hulle hulle kan jou behandel soos wat hulle wil. Ek was ‘n hele paar jaar terug afgetrek by fonteine oppad in Pretoria CBD in en was aangespreek as “you white thing get out of the road”. Ek het eenvoudig hulle albei se name en range gevat en moet sê na ons die boete betaal het, het ons die volle bedrag per tjek weer terug ontvang in die pos. Ek wonder hoekom??????

simone ·

Dit is hoe ons land mos nou is hulle dink omdat hulle blou dra dat hul kan doen wat hul will maar laat dit om gedraai wees dan is dit mos rasisme en voorblad nuus in die koerante dis disgusting

KOBIE NIEUWENHUIS ·

Ek hoop almal wat kommentaar gelewer het, het ook die video geshare – laastens dit het NIKS met rassisme te doen nie – DIE SAPS TREE SO OP TEENOOR SWART EN WIT (ONTHOU JULLE VIR ANDRIES TATANE?) DIT GAAN OOR POLISIE BRUTALITEIT – DIS AL – EN DIS WAARTEEN ONS ONS WOEDE MOET MIK

KOBIE NIEUWENHUIS ·

Dis om van te kots – dinge raak net erger en erger – ek dink ons moet dit share en share en share en share en die radiostasies bel en die sauk bel en elkeen sy plaaslike koerant bel en die sondagkoerante bel en Carte Blanche bel en Robinson Regstreeks en elke liewe joernalis in die land en so ‘n groot ophef daarvan maak dat die sot (ek wil hom nie ‘n polisiebeampte noem nie want hy is so deur die bollie dat hy nie eers weet hy mag afgeneem word nie of so arrogant dat hy dink hy is te spesiaal om aan enige reels gebonde te wees) onmiddellik geskors word SONDER SALARIS en gearresteer word vir onregmatige arrestasie, aanranding.en regsverydeling en elke moontlike klagte in die boek …………………….. DIS VERREGAANDE en dit is elke persoon se reg om jou te verset teen onregmatige arrestasie – WAT WAS AGTER IN DIE VAN? – as die mense wat by was onmiddellik die saps gearresteer het sou ons nou geweet het – daai goed is beslis nie meer daar nie en TWEE mense het verniet in die tjoekie gesit – die sot gaan nie eers geskors word nie en indien wel gaan dit met volle salaris wees en die saak gaan eers oor ‘n jaar of twee in die hof beslis word – ONS MOET SO ‘N GROOT BOHAAI MAAK DAT DIE REGERING EN MINISTER VAN POLISIE IN DIE LIG VAN DIE HUIDIGE VLAAG VAN POLISIEGEWELD EN ARROGANTHEID ‘n paar spesiale howe tot stand bring ten einde hierdie tipe voorvalle onmiddellik te laat beslis en die skuldiges te laat boet – OOK OP CHANNEL 199 LIVE SODAT DIE PUBLIEK DAAGLIKS KAN SIEN HOE DIE SKULDIGES BOET EN DIE SKULDIGES ONMIDDELLIK GESTRAF WORD MET ‘N MINIMUM VONNIS VAN TEN MINSTE 15 JAAR EN ‘N BOETE – DIS DIE ENIGSTE MANIER OM HIERDIE POLISIESTAAT VAN ONS WEER ONDER BEHEER TE BRING – SO OOK MET ELKE LIEWE VOORVAL VAN POLISIEGEWELD EN ELKEEN WAT NIE DAARVOOR OMGEE NIE – WAG TOT DIT JOU BEURT IS DAN PRAAT ONS WEER

Wena Bosch ·

Kan iemand my se hoe om die video op CarteBlanch se webwerf te laai , of is dit dalk reeds gedoen ? Hierdie is nie iets om te vergeet nie ! Die Zita Park personeel mag glad nie daaroor praat nie. Alles moet nou net weer soos met alles toe gesmeer word, DIT moet nie toegelaat word nie! Selfs die eienaars van die Zita Park kafee bly net stil !

louise ·

ek voel as wit mens nie meer veilig in ons land nie ,wat noem mens dit?is dit dan nie rasisties teenoor die witmense nie?moet al ons wit suid afrikaners dan nou uit ons land uit weg trek???DAN WIL EK SIEN WAT WORD VAN SUID AFRIKA!!!!!!!!!nee wat iewers gaan iets drasties moet gebeur om die nonsens te stop !!!apartheid het nie opgehou nie dit gaan aan!!!!dit word duidelik elke dag gesien met hoe wit mense behandel word!!!!ek is gatvol!vaarvel my pragtige suid afrika….

Wena Bosch ·

Ek het vanoggend oor die straat gestap en na die borde by die Zita Park gaan kyk, omdat ek onthou het dat daar meer as een op is (kyk gerus op my FB BLAD). Die een by die hoofingang is blykbaar (?) na die voorval met rooi strokies toegeplak (cover up) maar hulle wou so vinnig
hulleself verontskuldig dat hulle vergeet het van die bord by die afleweringshek in Len Brownstr. Duidelik word honde DAAR toegelaat volgens die tekens. Dus almal wat met julle honde Saterdag wil kom stap, indien hulle julle nie by die hoofingang in Zitastr wil toelaat nie, stap om die hoek in Len Brownstr af en dring aan om daar ingelaat te word. Dis n groot hek wat oop gesluit moet word !

Ek weet almal dink seker ek is behep met hierdie saak, dit gaan nie vir my so seer oor die honde in die park nie maar wel dat hierdie voorval wat so vieslik hanteer is terwyl daar kinders by betrokke was gebeur het as gevolg van n hondjie in die park.
Verder hoop ek dat Davie en Chris hierdie saak verder sal neem, hulle sal beslis baie ondersteuning kry.

David du Plessis ·

NAANDSE ALMAL…BAIE BAIE DANKIE AAN ALMAL SE ONDEESTEUNING EN KOMMENTAAR…EK IS TERUG IN PRETORIA EN SAL JUL BESLIS ONDERSTEUN SATERDAG OGGEND…EK HOOP DIE SPCA GAAN HUL OE WYS DAAR OM REDE DIE METRO AAN DIE FAMILIE GESE HET OM DIE HONDJIE IN N WARM KAR GAAN SIT NET DIE VENSTERS BIETJIE OOP MAAK…ARME DIER ONS HET NIE EENS ONS WEERMAG HONDE SO SLEG BEHANDEL NI…KOMAAN SPCA EK SAL VIR JUL N ROOMYS BY DIE WINKELTJIE KOOP

Nick ·

“n Soortgelyke voorval het my en my vrou te beurt geval war ons deur ‘n sekuriteits wag van die berigte G4S sekuriteitmaatskappy gevloek is en my vrou met ‘n knuppel in die gesig geslaan asook my voertuig erg beskadig met die knuppel. Ek het die SAPS gebel en ek is toegesluit ook met allerhande sulke belaglike beweerde oortredings en R50000 verder het die staat die saak teruggetrek en ons die geld verloor en die vernedering en pyn verduur- Daar het niks van gekom nie- Ek sou graag my storie ook vertel maar die spasie is beperk! Privaat sekuriteit, metro plolisie en SAPS net verskillende kante van dieselfde munt.Ek was gedreig deur die sekerheidsmaatskappy, as ek afriforum sou insleep gaan ek baie spyt wees!

David du Plessis ·

Naandse Nico…ek syel voor u maak gebruik van die nommers op hierdie webwerf om u te help met u saak

johan ·

Want ons as wit mense laat dit toe om tegebeur , ons moet net saam staan en op hou om bang tewees vir hulle , want daar is net een man wat by hom gestaan het toe dit gebeur het , sies dis hkm hulle als reg kry en met als weg kom want hulle staan saam !! Wens ek was daar sal seker ook toegesluit gewees het maar sal saam my volk staan !!!

Wena Bosch ·

Chris De Lange en Dawid Du Plessis…..Asseblief stuur vir my julle besonderhede in privaat boodskap op my FB blad Wena Bosch….of e-pos vir my na [email protected]…..Ek kan julle in aanraking bring met iemand wat julle kan help om te “sue” vir UNLAWFUL ARREST AND DETENTION !

Asseblief MENSE hierdie boodskap en aanbod is slegs vir Chris DeLange en Dawid Du Plessis…Ek sal geen ander e-posse beantwoord nie !

Neels ·

Ja dit is veronderstel om die mense te wees wat die publiek beskerm maar nee hulle is te useless en dit is altyd net hulle way

willie ·

Tyd vir ons wittes om n mafia te begin. Is daar iemand daar buite met geld wat so iets wil begin want EK is in.

annoniem.. ·

lol…dis altyd snaaks om die kommentaar te kom lees.

Al die plannetjies en goedjies wat nooit uitgevoer word nie. Dis mos trots Afrikaner.(Nie African nie.)

Die land is nog ver van sy laagtepunt tref en daar is niks wat mens kan doen nie. Ons mense wat in beheer is, is kriminele en hulle het die arm oningeligdes aan hulle kant, die massas.

As julle wat in ~50s gebore was net gedoen het wat die groot helde soos Australie en Amerika gedoen met hulle inheemse volk sou die land darm nog ‘n kans gestaan het.

Zom Apo ·

In die buiteland praat my vriende van die donkervolk hier as “aap landers” – die video maak dit weer eens moeilik om op te kom vir die tipe barbaarse aalpanders.

Wena Bosch ·

En vandag kyk ek oor die straat… Zita Park was VOL gepak. Ek het n bakkie gesien met honde agterin, die persoon het gery en later terug gekom. Wou hom/haar so graag sien, sou hulle help om die honde tot by die hek te neem. Volgens n persoon wat by/in die park werk, het hulle (wat daar werk) lekker gelag want wat kan ons nou doen as die WET AAN HULLE KANT IS ????!!!!!!!!! WET AAN HULLE KANT ? !
Nee wat mense …weerens het ons nie n kans om iets te doen nie, maar asseblief ek vra weerens vir dat die twee manne wat by die 25ste Okt onregverdig in n sel mos sit, kontak my , ek het iemand wat julle baie graag wil help met die saak.

Annemie ·

Wat vir my die ergste is is die kindertjies wat slagoffers is. ‘n Mens se pa is jou held, jou superman, en die metropolisie het nie net sy regte aangeskend nie, maar hom verneder voor sy kinders/kind. Dit is kommerwekkend dat dit die realiteit is in SA… En as ons dit aanspreek of iets daaraan wil doen, dan is ons die rassiste! Die vermetelheid! Ons betaal ook belasting – op alles. En ons het ook ‘n reg. Dalk ‘n baie klein reg aangesien ons van witgheid gloei, maar steeds ‘n reg. Hier moet moet moet iets aan gedoen word, vir die toekoms van SA – iets wat ons ook gegun moet word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.