Rassisme, armoede, immigrasie dalk redes waarom Frankryk brand

(Foto: Kenzo TRIBOUILLARD/AFP)

ʼn Politieke debat woed nou in Frankryk oor die afgelope ruk se gewelddadige betogings en die redes waarom betogers op groot skaal die polisie en ander simbole teiken.

Sommige opposisiepartye het tot die gevolgtrekking gekom dat die regering sy greep in arm gebiede verloor het, maar enige voorstelle van rassisme, armoede of polisiebrutaliteit van die hand gewys.

Van die partye sê die meeste van die intense en wydverspreide betogings kan aan immigrasie toegeskryf word. Dié partye voer aan dat die trant waarteen nuwe aankomelinge die land betree in bedwang gebring moet word.

Bruno Retailleau, wat aan die hoof staan ​​van die Republikeinse opposisieparty in die senaat, het ʼn herrie ontketen toe hy voorgestel het dat die betogers grotendeels mense is met ʼn agtergrond van immigrasie.

Hy het aangevoer dat die betogers boonop “ʼn regressie na hul etniese wortels” ondergaan het.

Die parlementêre hoof van die linkse Unbowed-party, Mathilde Panot, het Retailleau se “kras rassisme” aan die kaak gestel.

Die mediakommentator Eric Zemmour, wat verlede jaar onsuksesvol was in sy verkiesing as president, het die onluste vergelyk met ʼn “etniese oorlog”.

Wydverspreide betogings het verlede week in dié land uitgebreek nadat die 17-jarige Nahel deur ʼn polisiebeampte doodgeskiet is toe hy in ʼn huurmotor in die woonbuurt Nanterre voorgekeer is.

Sedertdien is meer as 3 500 mense reeds in hegtenis geneem, infrastruktuur verwoes, polisiestasies geteiken en motors aan die brand gesteek.

Die ministerie van binnelandse sake het intussen onthul dat 90% van mense wat tydens die onluste in hegtenis geneem is, Franse burgers is.

Een van pres. Emmanuel Macron se kabinetslede het ook daarop gewys dat baie van die mense wat vasgetrek is “Kevins” is, met verwysing na ʼn naam wat veral gewild onder die wit werkersklas is.

Ondersoeke van stapel gestuur

(Foto: Geoffroy van der Hasselt/AFP)

Hoewel die betogings in Frankryk by die dag minder word, is verskeie ondersoeke na wetstoepassingsowerhede se gedrag die afgelope week van stapel gestuur.

Die ministerie van verdediging het Woensdag gesê hy ondersoek bewerings dat gemaskerde matrose betogers in die stad Lorient getakel het. Dié matrose was glo nie aan diens ten tyde van die voorval nie.

Plaaslike media het Vrydag foto’s gepubliseer van mense in maskers wat betogers in dié stad slaan en aankeer.

Die koerant Ouest-France het ʼn onderhoud met ʼn 25-jarige man gevoer wat gesê het hy is ʼn lid van die gewapende magte en dat hy saam met 30 ander kollegas besluit het om in te gryp om die polisie te ondersteun sodat die land “nie verder brand nie”.

Owerhede het ook ʼn ondersoek begin na die dood van ʼn man nadat hy glo deur ʼn polisiebeampte se rubberkoeël tydens onluste in Marseille getref is.

ʼn 27-jarige man wat op ʼn bromponie gery het, is Sondag dood aangetref nadat hy vermoedelik ʼn hartaanval gekry het.

ʼn Gesin in die noordooste van Frankryk het ook die naweek ʼn klag ingedien waarin hulle wetstoepassingsowerhede daarvan beskuldig van “opsetlike geweld” wat hul 25-jarige seun in die hospitaal laat beland het. Hy veg glo om sy lewe.

Volgens die familie het Aimene Bahouh, ʼn veiligheidswag, ná werk met sy venster oop gery op pad na ʼn vulstasie toe hy “deur ʼn projektiel” in die kop getref is.

Toekomstige betogings?

Macron het Woensdag by ʼn kabinetsvergadering ʼn omstrede opmerking gemaak oor sosiale media se rol in die onlangse betogings.

Hy het voorgestel dat mense se toegang tot sosiale media dalk in die toekoms afgesny kan word as “dinge buite beheer raak”.

Hy en sy ministers het platforms soos Snapchat, TikTok en Telegram uitgesonder vir hul rol om beeldmateriaal van die geweld te organiseer en te versprei.

Olivier Veran, woordvoerder van die regering, het gesê hulle kyk daarna om ʼn veelpartygroep van wetgewers bymekaar te bring om nuwe wetgewing te bespreek om sosiale media te reguleer.

Hy het verduidelik dat sosiale media geensins verbied sal word nie, maar dat daar eerder ʼn tydelike opskorting van bepaalde funksies op platforms kan wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

JvR ·

As Afrika na Europa gaan, word afrika nie agter gelos nie. Dit gaan saam.

Nettie ·

Orals. Na Amerika, na Europa, na Australie. En DIT is wat gebeur het in my kinderdae. Afrika het na ons woonbuurte, dorpe en areas gekom. En mense het dit nie geniet of waardeer nie…

Di ·

Klink baie soos hoe dit hier by ons gaan met die ANC regering! Een van die dae kom SA burgers ook in opstand met verloop van sake in DIE land. Kenners het reeds gewaarsku dat dit hier gaan gebeur agv armoede, korrupsie in Regering, beurtkrag, misdaad en die duisende onwettige immigrante in die land wat onderhou word.

George ·

Die “kenners” se dit ook nou al van 1994 af. En dit gebeur reeds hier, op n daaglikse basis, ons nuus dek dit net nie meer nie.

Hennie Biebouw ·

Muammar Gaddafi het vir Tony Blair gewaarsku…Maar Hillary Clinton en Barack Obama se korttermyn politieke ideologie was belangriker.

Marthinus W ·

En in 2011 het Obama vir Navo in Libie ingestuur om Gaddafi te vermoor. Hillary het op TV gespog, “We came, we saw, he died”.

HPJ ·

Ons liberale pers wil altyd rassisme blameer Van CNN to die Afrikaanse pers Dit is nie rassisme nie Dit is die toestromming van onwettige immigrasie wat meestal uit mans bestaan Hoekom het die Ooste nie die probleem nie Want hulle beheer die immigrasie Maar die liberale pers hier en oorsee kruip agter Rassisme weg onbeperkte immigrasie is deel van hulle “NARRITIVE”

Hennie ·

Is nogal opvallend dat die oorgrote meerderheid
Immigrante uit Afrika, Afghanistan ens mans is…. Baie agterdogtig

Manie ·

Ek lees dit anders. Immigrante leef in armoede en blameer dit dan op rassisme.

Marthinus W ·

Die media wys dit nie hier nie, maar in die Afrikastate wat onder Franryk se franc val, is daar die afgelope paar jaar al protesoptogte en bakleiery. Die afgelope paar maande het hulle die Franse verwilder. Hulle noem dat ongeveer 80% van alles wat hulle skep en maak, in Parys se koffers gegooi word, terwyl hulle arm bly.

Wit Leeu ·

Ag asseblief die rassime kaart is nou al afgesaag !!!!!!!!!!!!!!!!!!

Retha ·

Hulle was gewaarsku, het hierdie ding mos sien kom. Hoekom nou verbaas?

Nettie ·

Welkom by ons wereld, Europa! Dis rasissties om die waarheid oor sekere groepe te praat, die feite te stel of te noem dat etniese geweld die oorsaak is. Stadigaan gaan mense se oë oopgaan, maar dit gaan te laat wees. Begin julle boere oppas…..

Nommer 7 ·

Dit is hoekom Poland hul grense bewaar, en daar zero sulke gevalle voorkom.

quartus ·

DIT S IS WAT JY KRY WANNEER JY NIE JOU LANDSGRANSE BEHOORLIK BESKERM NIE EN ENIGEJAN RAP EN SY MAAT EENVOUDIG JOU LAND BENNESTAP

Watsenaam ·

Ongelukkige bly daar baie plaaslike en buitelandse Jan Rape en hul maats tussen ons en kan ons niks daaraan doen nie.

Boatsie ·

Seker maar wat gaan gebeur as jy, soos ons land, grense oopgooi en Afrika nooi om in te trek.
Blinde sambok van rassisme wat hul nou pakslae gee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.