Alles vir Maandag 14 November 2011

Oor gemeenskap, gesprek en geskiedenis

“Mense onderskat die waarde van gesprek” het iemand eenkeer vir my gesê en ek moes eers bietjie ouer word om dit te verstaan, te verstaan dat die toekoms van ‘n volk deur gesprek bepaal word, veral in ‘n wêreld waar die praktiese dikwels teen die intellektuele gesprek afgespeel word.