Drie mans in hegtenis geneem na die moord op ʼn egpaar van Tongaat in KwaZulu-Natal.
Alles vir die maand Desember 2011
Hoogtepunte op Die Groot Debat, 2011: Is jy ‘n Breivik?
Wat is jou keuses op Sondae as jy wêreldnuus in jou eie taal wil lees? Rapport? En haar siek kleintjie Sondag? En moenie begin glo een koerant is genoeg nie. Vergewis jou van die parallelle heelal waarin een land kan verkeer deur op een Sondag die menigte Engelse koerante te lees langs die enigste Afrikaanse koerant…
Meisie verloor vinger na kobra haar pik
Die vyfjarige Mikayla Robbertse gaan haar middelvinger verloor nadat sy verlede week deur ʼn Mosambiekse spoegkobra gepik is.
Bloulig-tiener skryf naam, gee eerste tree
Die gesin van Thomas Ferreira, wat verlede maand deur ʼn LUR se ampsvoertuig raakgery is in Krugersdorp, is verheug oor sy vordering.
Sokkerster kry borg na hy teen 214km/h betrap word
Die 23-jarige sokkerster is Woensdagoggend in hegtenis geneem nadat hy teen 214km/h betrap is in sy Mini Cooper S op die N1 suid.
McDonalds sê jammer na blinde uit restaurant gejaag word
Die besturende direkteur van McDonalds Suid-Afrika het om verskoning gevra aan ʼn blinde vrou wat op Kersdag saam met haar gidshond uit een van die groep se restaurante in Pretoria gejaag is.
Nuuskommentaar: 2012 – Dek tafel en sit aan vir dialoogdinee en wen iets positief uit die Malema-dilemma
Die persoon wat onbedoeld die eer toekom om die behoefte aan voortgesette dialoog op die tafel te plaas, is interessant genoeg die persoon wat in die oorweldigende vloed mediaberigte die blaam vir die land se polarisasie kry –Julius Malema.
Zuma onttrek Simelane-appèl
President Jacob Zuma het sy bod teruggetrek om appèl aan te teken teen die hofuitspraak wat sy aanstelling van Menzi Simelane as die Direkteur van Openbare Vervolgings tersyde stel.
JPSA: ‘Dis nie wettig om rybewyse af te vat nie’
Die Justice Project South Africa (JPSA), wat hom vir motoriste se regte beywer, sê daar is geen regsgronde vir verkeersbeamptes om motoriste se rybewyse af te vat of op te skort nie.
‘Selebi is baie siek en moet in tronkhospitaal gehou word’
Die veroordeelde voormalige polisiehoof, Jackie Selebi, is in ʼn kritieke maar stabiele toestand en sal onbepaald in die hospitaal-afdeling van die tronk moet bly, volgens sy dokters.
Blinde met gidshond uit restaurant gejaag
’n Blinde vrou met ʼn gidshond is glo op Kersdag uit ʼn McDonalds-restaurant in Pretoria gejaag.
Vervoerminister doen beroep op verkeerspolisie om rybewyse af te vat
Die minister van vervoer, Sbu Ndebele, het ʼn beroep gedoen op die verkeerspolisie om verkeersoortreders se rybewyse af te vat of summier op te skort.
‘Ontvoerde’ man by braai in hegtenis geneem
ʼn Man van Port Elizabeth wat beweer het hy is ontvoer en toe later gevind is waar hy saam met vriende braai is in hegtenis geneem vir dwarsboming van die gereg en bedrog.
Drie SA vroue vas in buiteland oor dwelmhandel
Drie Suid-Afrikaanse vrou is glo die afgelope week in die buiteland vir dwelmhandel in hegtenis geneem.
Pa, ouma verdrink voor kind
ʼn 12-jarige meisie het Maandagaand vir langer as ʼn uur aan riete vasgeklou nadat die motor waarin sy ʼn passasier was deur ʼn sterk stroom meegesleur is toe dit oor ʼn laagwaterbrug gery het in die Blue Valley-gholflandgoed in Midrand.
Nuuskommentaar: Nuusoorsig vir 2011
Plaasmoorde, Malema, Regstellende aksie, Grondwetlikheid, Nog ‘n belangrike appèlhofuitspraak, Die Verbruikerswet, Die Openbare Beskermer, Die aanslag teen mediavryheid……..2011 in oorsig
Hoogtepunte op Die Groot Debat, 2011: Mbeki, die ‘comeback-kid’
Terwyl NATO en die rebelle Libië op 26 Augustus 2011 oorrompel en Tripoli ingeneem het, het voormalige president Thabo Mbeki die VSR en SASCO van die Universiteit van Stellenbosch (US) toegespreek om sy beskouing van die “geskiedkundige gebeure” in Noord-Afrika te verduidelik…
Geheime van sukses (vervolg)
Die Sfinks het gevra: Wat is die geheim van sukses? En die Pil het geantwoord: Moet nooit bitter raak nie.
En die Posseël het geantwoord: Jy moet bereid wees om ver te gaan…
Kits cappucino: post-Kersfees blues
Die kos is op, die huis is leeg, die honde is soet en iewers onder die boom lê nog ‘n verlore stuk geskenkpapier. Kersfees is verby. Ek probeer verbete aan ‘n stukkie daarvan vasklou…
Bloulig-tiener ‘herstel’ van dodelike infeksie
Thomas Ferreira, wat verlede maand deur ʼn LUR se ampsvoertuig raakgery is in Krugersdorp, is stadig besig om te herstel van ʼn dodelike infeksie.