‘n Storie vir enigiemand wat dink dat taalgebruik nie die ekonomie kan kelder nie.
Alles vir die maand Januarie 2012
Boer in Roossenekal vermoor, gesin vasgebind
ʼn Boer van Roossenekal in Limpopo is Maandagoggend in sy huis deur drie rowers doodgeskiet.
Nuuskommentaar: Stille uitroepe om hulp en gesinsmoorde
Terwyl die land se oë gerig is op die daaglikse ANC-verwikkelinge wat soos ‘n sepsie oplossingstraag is, met uitstaande hoofrolspelers soos Julius Malema en pres. Jacob Zuma wat ‘n sterk, ondergeskikte rol vertolk, word die nuustoneel gereeld geskud deur moorde binne gesinsverband waarby polisielede dikwels betrokke is.
Werk wou hy nie
Sinspelings op beroepe – kan jy aan nog ‘n paar dink?
Puk-student wat verdrink se naam bekendgemaak
Die student wat Saterdagaand by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus in ʼn swembad verdrink het se naam is Maandagmiddag bekendgemaak.
Man ernstig beseer na mikrovliegtuig val
ʼn Britse man is ernstig beseer nadat sy mikrovliegtuig Maandag naby Munster aan die KwaZulu-Natale suidkus neergestort het.
Geloof, Godsdiens en ons Afrikaners
Mens sou die godsdienstige landskap van ons Afrikaanse wêreld uit baie verskillende hoeke kon ontleed. In so ‘n ontleding sou jy ook versigtig moet wees om nie aanspraak te maak daarop dat jy namens alle Afrikaners praat nie, en nog minder dat wat jy sê beperk is tot Afrikaners.
Moordbeskuldigde sterf in ongeluk
ʼn Man wat beskuldig is van die moord op sy niggie in 2010 is in ʼn motorongeluk naby Joubertina in die Langkloof dood.
Weermaglid skiet vriendin, self
ʼn Lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het glo sy vriendin doodgeskiet voor hy probeer selfmoord pleeg het.
Meisie ontsnap haar ontvoerders se kloue
ʼn Tiener van Johannesburg wat ʼn lewe van prostitusie onder dwang in die strate van Kaapstad ontvlug het, het ʼn vermeende mensehandelkring in Suid-Afrika oopgevlek, het EWN Maandag berig.
Selebi se toestand versleg
Voormalige polisiehoof, Jackie Selebi, is in die intensiewe sorgeenheid by die Steve Biko-hospitaal in Pretoria opgeneem, het die Sowetan Maandag berig.
Kaapstad-inwoners boikot kantoorpark in Chapman’s Peak
Honderde inwoners van Houtbaai het onderneem om die oprigting van ʼn kantoorgebou op Chapman’s Peakrylaan te boikot, het EWN berig.
Meisie erg beseer ná perd haar skop
ʼn 18-jarige meisie is Sondagoggend beseer toe die perd waarop sy by die Wylebach-melkplaas buite Walkerville gery het, in ʼn sloot beland, omgerol en haar toe in die gesig geskop het, het paramedici gesê.
Video: Kroonstad-stasiegebou in puin gelê deur brand
Die Kroonstad-stasiegebou is Vrydagaand deur ʼn brand in puin gelê.
Puk-student verdrink tydens ‘vrugetefees’
Die student wat Saterdagaand by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus in ʼn swembad verdrink het, was ʼn eerstejaar-ingenieurstudent.
SA se laer geboortekoers: Die implikasies
Die SAIRV het bevind dat Suid-Afrika se bevolkingsgroei teen 2040 onder die vervangingsvlak – naamlik 2,1 kinders per vrou – sal daal. Hierdie tendens is interessant en insgelyks moeilik om te glo, aangesien Suid-Afrika in die algemeen tans ʼn jong bevolking het.
Shaik: “Zuma skuld my R2 miljoen”
Die presidensie wil nie kommentaar lewer op ʼn berig in ʼn Sondagkoerant dat die veroordeelde bedrieër, Schabir Shaik, aandring op presidensiële kwytskelding en die terugbetaal van lening aan president Jacob Zuma nie.
PUK-student verdrink in swembad
ʼn Student aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus het Saterdagmiddag in ʼn swembad op die kampus verdrink.
Pa kry miljoene na vals verkragting bewerings
ʼn Suid-Afrikaanse uitgewekene is miljoene rande betaal deur die polisie in Amerika nadat hy tronk toe gestuur is op vals bewerings dat hy sy verstandelik gestremde dogter verkrag het.
Twee vas ná hulle hamer-aanval op bejaarde
Die polisie is Knysna het Vrydag twee mans in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn bejaarde vrou met ʼn hamer in haar huis aangeval het.