Drie kinders is dood en drie mense beseer nadat twee voertuie Saterdag reg van voor naby Kliprivier gebots het.
Lees meerAlles vir Saterdag 6 Oktober 2012
Dobbelsteenspeletjie draai dodelik
ʼn 17-jarige seun is deur die Swartruggens-polisie in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn jonger seun met ʼn mes doodgesteek het.
Vrou, ongebore baba oorleef bromponie-ongeluk
Louise Riekert en haar babatjie sterk in die hospitaal aan nadat sy vroeër die week by ʼn verkeerslig in Middelburg, Mpumalanga, deur ʼn voertuig van haar bromponie afgestamp is.
12 000 stakende mynwerkers afgedank
Anglo American Platinum het gister 12 000 mynwerkers afgedank omdat hulle vir meer as drie weke lank aan ‘n onwettige staking deelgeneem het.
Vrou se lyk in asblik gevind
Die liggaam van ʼn 21-jarige vrou is gister in ʼn asblik in haar huis gevind.
Tweeling babatjies sterf
‘n Vier maandeoue tweeling is Vrydagaand dood nadat die voertuig, waarin hulle gereis het, verskeie kere gerol het.
Video: Fredi Nest deel “hartsake”
Fredi Nest is uit die hospitaal en weer terug in sy ateljee waar hy weer hard aan die werk is. Dit volg nadat Nest op 3 September drie hartaanvalle gehad het.