Piet Henning, ʼn bejaarde Suid-Afrikaanse boer, wat al vir sowat 50 jaar in Zimbabwe boer, behoort Vrydag te hoor of hy sy plaas moet ontruim.
Alles vir Dinsdag 18 Desember 2012
Man sterf tydens N1-botsing
ʼn Man in sy 30s is dood en drie ander mense beseer nadat drie voertuie Maandagmiddag omstreeks 14:30 op die N1-deurpad in ‘n noordelike rigting net voor die Allandaleweg-afrit gebots het.
Nuuskommentaar: “Regse terreur” en vryheid
Terwyl die land se nuusvergrootglas op die ANC se leierskapskongres gefokus is, het ‘n paar mense tog daarin geslaag om die aandag te trek – vier “regses” wat weens beweerde dade van terreur in hegtenis geneem is.
‘Regses’ nou wéér met Mangaung verbind
Die vier mans wat eergister weens ʼn poging tot terreur in hegtenis geneem, word nou weer met die Mangaung-konferensie verbind.
ANC-topposte: Uitslag vandag verwag
Afgevaardigdes by die ANC se verkiesingskonferensie in Mangaung het vroeg vanoggend vir die benoemdes vir die top ses poste in die party begin stem.
Jaagduiwel glo ook dronk
ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo onder die invloed van alkohol en teen ʼn hoë spoed gery het op die N1-suid in Midrand, Gauteng.
Man vermoor na stryery op bus
ʼn Buspassasier is Maandag in Kimberley in die Noord-Kaap vermoor nadat hy en ʼn medepassasier glo stry gekry het.