Die berugte Moloto-pad in die noorde van Pretoria het Sondag die lewe van drie mense geëis.
Lees meerAlles vir Sondag 7 April 2013
Leeus T-20-kampioene
Die Leeus is vanjaar se T20-kampioene na hulle hul bure, die Titane, op die Wanderers met 30 lopies geklop het.
Padverkeerbestuurskorporasie wil handdoek ingooi
Aandeelhouerkomiteelede van die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) wil hê dat die agentskap sluit omdat hulle dit nie regkry om hul doel te bereik nie.
Malema alweer in warm water
Julius Malema, die geskorste leier ANC-jeugliga, gaan na verwagting Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof verskyn op ʼn aanklag van minagting van die hof.
Twee brande laat JHB-brandweer bontstaan
Johannesburgse nooddienste moes vandag bontstaan toe daar twee afsonderlike brande in die middestad uitgebreek het.
Ras ʼn probleem in regstelsel?
‘n Regterlike dienskommissiekommissaris het ‘n beroep op sy organisasie gedoen om eerlik te wees oor hoe wit mans geassesseer word vir geregtelike aanbeveling.
Houdini die swartmamba gevind
Die swartmamba wat verlede maand by die Pretoria Dieretuin vermis geraak het, is Sondag opgespoor.
SA-Troepe na Kongo ontplooi
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) gaan soldate na die oostelike Demokratiese Republiek van die Kongo stuur as deel van ‘n spesiale ingrypingsmag van die Verenigde Nasies (VN).
Polisie op spoor van hoewe-moordenaars
Die polisie is warm op die spoor van ʼn groep verdagtes wat Saterdagoggend vir Francois Potgieter tydens ʼn rooftog op sy hoewe buite Pretoria doodgeskiet het.
Man met onwettige wapens betrap
Die polisie van die Wes-Kaap het Saterdag ʼn man in hegtenis geneem nadat onwettige vuurwapens in sy besit gevind is.
Vier tydens rooftog in winkel geskiet
Vier mense is Saterdag geskiet nadat vyf rowers ʼn supermark in Pretoria beroof het.
Tshwane stel tydelike grafgrawers aan
Die Tshwane-metro het ʼn kontrakteur aangestel om grafte in die stad se begraafplase te grawe.
Foto’s: Steve red vrou met baba van brandende kar
Steve Hofmeyr het Saterdag ʼn vrou met ‘n baba van ʼn brandende voertuig gered nadat die voertuig in ʼn ongeluk betrokke was.