Ses mense is Woensdag kritiek beseer in ʼn ontploffing in ʼn nywerheidsgebied aan die Oos-Rand.
Alles vir Woensdag 10 April 2013
Nuuskommentaar: Verraad teenoor die land en sy jeug
Verskeie kenners meen die “verbeterde” matriek-uitslae is eerder die gevolg van laer standaarde as die verbetering van onderwys.
Talle beseer, vol verf na PTA-trokongeluk
Nagenoeg 48 mense is beseer nadat ʼn vragmotor Woensdagoggend by die Eeufees-afrit in Pretoria teen ʼn ander voertuig gebots het.
Volstruise weer deur voëlgriep geteister
Voëlgriep is weer by volstruise op ʼn plaas naby Oudtshoorn opgespoor.
“Piekniek met Dingaan”-saak uitgegooi
President Jacob Zuma se lastersaak teen Rapport, waarin hy R5 miljoen eis, is met koste van die hand gewys nadat Zuma nie op ʼn tussentydse hofbevel reageer het nie.
Konstruksiewerk gestaak ná hyskraan deur winkel-dak val
Konstruksiewerk by die Golden Walk-winkelsentrum is tydelik gestaak om ondersoek in te stel nadat ʼn hyskraan Maandag deur die sentrum se dak geval het.
Malema se probleme nie verby
Die kurators van Julius Malema, voormalige ANC-jeugligaleier, se boedel sê die saak van minagting van die hof is van die hofrol verwyder vir verdere ondersoek en om Malema nog kans te gee om sy bates te verklaar.
Video: Kommentator lê klag teen oud-AWB-man drie jaar na uitval
Die politieke kommentator Lebohang Pheko het klagte van intimidasie teen André Visagie, voormalige AWB sekretaris-generaal, aanhangig gemaak in verband met ʼn voorval drie jaar gelede.