Interpol se hulp is ingeroep om Johan van Wyk, ʼn 30-jarige sjef van Kaapstad wat op 13 Februarie as vermis aangemeld is, op te spoor.
Alles vir Woensdag 22 Mei 2013
Gautengse hoofweë kom dalk Vrydag tot ʼn stilstand
Die vakbondfederasie Cosatu dreig om Vrydag verskeie hoofweë in Gauteng tot ʼn stilstand te bring om teen die provinsie se voorgestelde e-tolstelsel te betoog.
Nooddienswerkers vas vir verkragting
Twee beamptes van die Tshwane-nooddienste in Pretoria is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn sekswerker verkrag het.
Video wys glo hoe onnie lyfstraf toepas
‘n Video wat by ‘n skool in die Oos-Kaap geneem is, wys glo hoe ‘n onderwyser ‘n graad 10-leerling slaan.
Lizz Meiring: Woorde is my musiek
Lizz Meiring is vanjaar 30 jaar in die bedryf en ons het met haar gesels oor loopbaanhoogtepunte, haar ontmoeting met Uys Krige en Afrikaanse gunstelinge.
Gupta-sage: Verslag vandag in parlement bespreek
Die bevindings van ‘n verslag van die onregmatige landing van die Gupta-familie se privaatvliegtuig op die Waterkloof-lugmagbasis gaan Woensdagmiddag tydens ʼn parlementêre debat bespreek word.
Gedenkdiens vir Vuyo Mbuli
ʼn Gedenkdiens wat vir die publiek oop is, word vandag vir Vuyo Mbuli, voormalige radio- en TV-aanbieder by die SABC, gehou.
Nuuskommentaar: ANC-taktiek teen AfriForum: “The blame game”
Die ANC is ondermeer ongelukkig omdat AfriForum na die Kerkstraat-bomontploffing as ‘n daad van terreur verwys.
Gedagte vir die dag: Sy krag is groter
Mark 5:27-29: “Sy het van Jesus gehoor en in die gedrang nader gekom en van agter af aan sy klere geraak, want sy het gedink:…
Video: Tornado-oorlewende vind haar hond tydens TV-onderhoud
ʼn Bejaarde vrou, wie se huis heeltemal verwoes is deur die Oklahoma-tornado in Amerika, het tydens ‘n televisie-onderhoud haar vermiste troeteldier in die puin van haar huis gevind.
Carl Pistorius verheug na aanklagte laat vaar word
Carl Pistorius, broer van Oscar Pistiorius, sê hy is verheug nadat hy Dinsdag vrygespreek is op drie aanklagte teen hom.
Staatsamptenare in hof oor korrupsie
Drie amptenare van die departement van binnelandse sake het Dinsdag in die hof verskyn op aanklagte wat verband hou met korrupsie.
Twee gewond in skietgeveg
‘n Polisiebeampte en nog ‘n man is Dinsdag beseer na ‘n skietgeveg in Benoni.