ʼn Verkeersbeampte is Sondag in Durban, KwaZulu-Natal dood nadat sy deur ʼn motor omgery is terwyl sy dit van die pad wou aftrek.
Lees meerAlles vir Sondag 22 September 2013
Valke laat die Kings skrik
Die OP Kings moes Vrydagaand diep delf om die Valke te klop in ‘n Absa Curriebeker Eersteligawestryd op die NMB Stadion in Port Elizabeth.
SA’ner sterf in Nairobi-aanval
Minstens 59 mense waaronder ʼn Suid-Afrikaanse burger is in die gewapende aanval op die Westgate-winkelsentrum in Nairobi, Kenia dood.
ANC-LP’s moet glo sekere wette stoomroller
ANC-LP’s is glo beveel om wetsontwerpe wat die regerende party bevoordeel deur te druk en “omstrede wetsontwerpe” terug te hou voor volgende jaar se algemene verkiesing, berig die Sunday Times.
Vier sterf in botsing
Minstens vier mense is dood na ʼn botsing tussen ʼn vragmotor en ʼn motor op die R30 naby Odendaalsrus in die Vrystaat.
Phiyega: ‘Statistiek wys misdaad is onder beheer’
Riah Phiyega, nasionale polisiehoof, glo misdaad is onder beheer ondanks kommer oor die nasionale misdaadstatistiek wat die week bekend gemaak is, berig City Press.
Pendoring-toekennings: Maroela se Grootste Afrikaner-veldtog vereer
Talle advertensiemaatskappye is Vrydagaand tydens ‘n galageleentheid in Kaapstad vereer met die gesogte Pendoring-toekennings en Maroela Media se Grootste Afrikaner-veldtog het dié aand ‘n silwer Pendoring ontvang.
16 vas na hulle glo kragkabels steel
Die polisie in Limpopo sê 16 mense is in hegtenis geneem nadat hulle glo kragkabels by ʼn ondergrondse mynskag in Thabazimbi gesteel het.
Pastoor ondersoek oor hy hulle glo nie wil trou
Die Menseregtekommissie (MRK) ondersoek ʼn pastoor van die Sewendedag-Adventiste-kerk nadat hy glo geweier het om ʼn wit vrou en ʼn bruin man in die eg te verbind.
Kenia-bloedbad: SA’ners in winkelsentrum vasgevang, skietery duur voort
Minstens ses Suid-Afrikaners, insluitend twee kinders, was in die Westgate-winkelsentrum in Nairobi, Kenia vasgekeer toe ʼn groep swaar gewapende aanvallers gister die sentrum binnegekom en op burgerlikes losgebrand het.
Malema: ‘ANC erger as apartheidsregime’
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), sê die ANC is erger as die apartheidsregering.
Gedagte vir die dag: Kry jou prioriteite reg
Jesaja 26:3– Gee aan hulle vrede en voorspoed, Here, want hulle het hulle vertroue op U gestel. Ons leef in stresvolle tye en nie een…