Die polisie is steeds op soek na ʼn bejaarde vrou van Johannesburg wat na bewering verlede week twee babas ontvoer het.
Alles vir Maandag 17 Februarie 2014
Nuuskommentaar: Daag AfriForum dominante denke domastrant uit?
Frans Cronjé, hoof van die Instituut vir Rasseverhoudinge, skryf Sondag in sy gereelde rubriek in Rapport dat hy enige tyd vir AfriForum sal kolf. Hy is vol lof vir AriForum wat nie net stem dik maak teen dominante denke nie, maar ook effektief iets daaraan doen.
Trifecta-saak hervat
Die saak teen die Noord-Kaapse ANC-swaargewigte John Block, Alvin Botes, Yolanda Botha en Trifecta se direkteur, Christo Scholtz, hervat Maandag in die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley. Hulle staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery.
Onwettige mynwerkers gaan aangekla word
Die 11 onwettige mynwerkers wat Sondag uit ʼn verlate myn in Benoni in die Oos-Rand gered is, gaan aangekla word.
Bokser wag nog op polisie
Die voormalige wêreldkampioen, die bokser Dingaan Thobela, sê hy wag twee maande ná ʼn inbraak by sy huis nog steeds om iets te hoor van die polisie.
Padwoedeaanval: Man in hof wat glo motorfietsryer doodskiet
ʼn Motoris wat na bewering ʼn motorfietsryer, Douglas Pierce, in Malibongwerylaan in Johannesburg tydens ʼn padwoedeaanval doodgeskiet het, sal Maandag in die Roodepoortse landdroshof verskyn.
Branderplankryer help toe man by Seepunt verdrink
ʼn 30-jarige man het Sondagmiddag by Rocklandsstrand naby Seepunt verdrink, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
Gedagte vir die dag: Vind jou rus in die Here
Psalm 62:2 – Ek is rustig wanneer ek by die Here is. Dit is Hy wat my elke keer red as ek in die moeilikheid…