Gemeet teenoor Maart 2013 het voertuigverkope vir Maart 2014 redelik stabiliseer. Lees gerus Bernard K Hellberg se artikel om te lees watter motors die beste in die mark gevaar het.
Alles vir Donderdag 3 April 2014
Reservaat “moes” seekoei skiet
Die Heia Safari Ranch het gesê hulle moes ʼn seekoei in die Heritage Lake-dam van kant maak, aangesien seekoeie in die gebied ʼn bedreiging vir mense se lewens geword het.
Nuuskommentaar: Zuma vra kiesers vir blanko tjek
Kiesers gaan op 7 Mei ‘n blanko tjek moet teken om vir die verbeterings aan Zuma se privaatwoning te betaal. Zuma self se houding is dat hy nie gaan betaal nie “omdat ek nie daarvoor gevra het nie.”
Amerikaanse soldaat skiet 3 dood, pleeg selfmoord
Drie mense is dood en 16 beseer nadat ʼn soldaat Woensdag op ʼn groep soldate in Fort Hood in Amerika losgebrand het. Fort Hood is ʼn weermagbasis in Killeen in Texas.
Flippie Engelbrecht kry glo aanval voor hofsaak
Flippie Engelbrecht (19) het glo ʼn epileptiese toeval gehad ure voordat die man, wat daarvan verdink word dat hy hom aangerand het, op ʼn nuwe aanklag van aanranding in die Ashton-landdroshof sou verskyn, het The Star Donderdag berig.
Woord: hu
Die verdraaiing van “hu” is dalk meer bekend in Afrikaans soos in die woorde ongehude, of hubare. Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind oor dié woord en die gebruik daarvan.
Stadsrede: Strate in PTA-middestad gesluit
Verskeie strate in Pretoria se middestad gaan Donderdag vir verkeer gesluit wees vir die burgemeester se stadsrede by die stadsaal.
Zuma sal eers ná verkiesing op Nkandla-verslag reageer
Die verslag van die spesiale ondersoekeenheid waarvoor pres. Jacob Zuma wag voordat hy op die Nkandla-verslag gaan reageer, gaan eers ná die verkiesing beskikbaar wees.
Reuse naskok ná groot Chileense aardbewing
‘n Naskok van 7,6 op die momentmagnitudeskaal het in Noord-Chili voorgekom waar ‘n aardbewing van M8,2 en die tsunami wat dit veroorsaak het, vroeër die week dood en verwoesting gesaai het.
Video: Tweede Wêreldoorlog-bom ontplof
Minstens sewe mense is Woensdag dood en 19 beseer toe ʼn groot Tweede Wêreldoorlog-bom by ʼn skrootmetaal-pakhuis in Bangkok ontplof het.
JHB-paaie gesluit vir Amcu-betoging
Motoriste wat van paaie naby Melrose Arch in Johannesburg gebruik maak, word gewaarsku oor die beplande optog van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) wat Donderdagoggend plaasvind.
Slang op trein veroorsaak chaos
ʼn Klein slangetjie wat op ʼn passasierstrein in Switserland beland het, het Woensdag chaos veroorsaak.
Droogtefonds om NK-boere te help
Die provinsiale departement van landbou het Woensdag gesê die nasionale rampbestuursentrum het ʼn droogteverligtingsfonds vir die Noord-Kaap op die been gebring.
Mpumalanga ‘n rampgebied ná vloede
Die koste van vloedskade in Mpumalanga word op nagenoeg R535 miljoen beraam.
Amcu-betoging in Rosebank, JHB
Die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) sal Donderdag ʼn optog na Lonmin hou om ʼn memorandum aan die maatskappy te oorhandig.
Gedagte vir die dag: Die Here wil jou seën
Psalm 128:1,2 – Hoe gelukkig is jy wat die Here dien en eer, jy wat presies doen wat Hy sê! Jou harde werk sal elke…