ʼn IT-werknemer word blameer dat hy die spesialeondersoek-eenheid se verslag oor Nkandla as “afhandel” gemerk het, omdat hy glo ʼn e-pos verkeerd verstaan het.
Lees meerAlles vir Donderdag 3 April 2014
MyCiTi-staking verby
ʼn Staking wat ontwrigtings op die MyCiTi-busroetes in Kaapstad veroorsaak het, is verby.
Toerbus buite PTA beroof
Die polisie is op soek na drie mans nadat ʼn toerbus Donderdagmiddag op die N4 naby Pelindaba buite Pretoria beroof is.
NUM-ledetal styg weer
Die National Union of Mineworkers (NUM) het gesê sy ledetal is weer besig om te styg in Rustenburg.
KZN-fietsryer kritiek ná motor hom tref
ʼn Fietsryer is Donderdagmiddag kritiek beseer nadat ʼn motor hom aan die KwaZulu-Natalse suidkus getref het.
Plaasaanval in Ugie: Polisie wou ma glo arresteer
Die polisie wou glo ʼn vrou, wat op aanvallers geskiet het nadat die gesin in hul plaashuis in Ugie in die Oos-Kaap oorval is, in hegtenis neem.
Plaasaanval in Ermelo: Bejaardes met kookwater, strykyster gemartel
ʼn Bejaarde egpaar van Ermelo, Mpumalanga, is Donderdagoggend deur aanvallers oorval en met kookwater en ʼn strykyster gemartel, skaars vier dae nadat die liggaam van JR Buhrman (77) in sy plaashuis in dieselfde omgewing dood aangetref is.
Strafregtelike klagte na OB-verslag oor Pelgrimsrus-tenders
Die VF Plus sal na verwagting Maandag strafregtelike klagte by die polisiekantoor in Brooklyn, Pretoria, indien teen amptenare wat betrokke was by beweerde onreëlmatighede met die toeken van tenders vir die huur van eiendomspersele in Pelgrimsrus.
VSA wou Kubaanse regering met “Twitter” omverwerp
‘n Kubaanse Twitter, bekend as ZunZuneo wat in 2012 oornag verdwyn het, was ‘n geheime projek van die VSA om die Kubaanse regering omver te werp.
Gaan Yellowstone-supervulkaan uitbars?
Dit gons op die sosiale media dat die Yellowstone Supervulkaan in die VSA kan uitbars nadat foto’s en videomateriaal aanlyn gepubliseer is wat toon hoe bisons vervaard paaie oorsteek soos hulle skynbaar van die toneel vlug. ‘n Video volg onderaan die berig.
Sanral dreig glo om nie-betalers van e-tol te arresteer
Die Vryheidsfront Plus het kennis geneem van nuusberigte op sekere radiostasies waar Sanral padgebruikers wat nie hulle e-tolrekeninge vereffen nie, met inhegtenisneming en tronkstraf dreig.
Plaasaanval in Ugie: Pa en dogter geskiet; ma verjaag rowers
ʼn Pa en sy dogter is geskiet nadat drie gewapende mans hulle Woensdagaand in hul plaashuis in die Ugie-omgewing in die Oos-Kaap oorval het.
Amcu-staking: “Werkers wil terugkeer”
Terwyl gesprekke voortduur in ʼn poging om ʼn einde aan die voortslepende Amcu-staking te bring, het Lonmin Donderdag gesê die meeste stakende werkers wil weer terugkeer werk toe.
Taksman sal Zuma se Nkandla-belasting ondersoek
Die DA het bekend gemaak dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) ingestem het om president Jacob Zuma se Nkandla-verwante belasting te ondersoek.
Video: Nkandla-kwessie is ‘n uitsteltaktiek
President Jacob Zuma het sy reaksie op die Nkandla-verslag by die Parlement ingedien. Dit volg nadat politieke ontleders voorspel het dat hy geen noemenswaardige antwoorde gaan gee nie.
Siriese vlugtelinge in Libanon haal miljoen-merk
Die VN het aangekondig dat die aantal geregistreerde vlugtelinge van die Siriese burgeroorlog in Libanon tot ‘n miljoen toegeneem het.
Sóveel ernstige diensleweringsbetogings sedert Januarie
ʼn Organisasie wat al Suid-Afrika se 283 munisipaliteite monitor en assesseer het Donderdag bekend gemaak hoeveel ernstige diensleweringsbetogings sedert die begin van die jaar in die land voorgekom het.
Eenjarige kritiek ná sy amper in emmer verdrink
ʼn Eenjarige dogtertjie van Stilfontein in Noordwes is in ʼn kritieke toestand nadat sy Donderdag amper in ʼn emmer met water verdink het.
Video: Handsakdief-sindikaat doenig in Pretoria
ʼn Handsakdief-sindikaat teister glo winkelsentrums in Pretoria.
Amcu-staking: Platinummyne waarsku verskaffers
Die voortslepende staking deur Amcu-lede in die platinumbedryf het Anglo American Platinum (Amplats) en Lonmin genoop om oormagkennisgewings aan sommige van hul verskaffers te stuur.