Wat het baie moeg wees en ‘n stukkende motor met ‘n Franse kaartspeletjie te doen? Lees vandag se Taaltoffie vir meer inligting oor “kapot”!
Alles vir Maandag 7 Julie 2014
Aanbidders in moskee beroof
ʼn Groep mans het aanbidders by ʼn moskee in Johannesburg aangeval en hul beursies en selfone geëis.
Maroela Media Top 20 7 Julie 2014
Shut up en soen my- Kerry Lee Tweede kans- Riana Nel As vandag my laaste dag is- Juanita du Plessis Toe ons jonk was- Elvis…
Nuuskommentaar: Afrikaans in die doofpot?
Elke verantwoordelike Afrikaanssprekende sal weet dat daar verkeerde maniere is om vir Afrikaans in die bresse te tree, en dat daar regte maniere is. Dit is klaarblyklik nie meer goed genoeg om bloot te kyk wat die grondwet sê en dan daardie regte op enige manier denkbaar op te eis nie.
Man in hof vir moord na bakkie in dam beland
Die man wat aangekla word van die moord op vyf kinders nadat sy bakkie in ‘n dam in KwaZulu-Natal se Midlands-gebied beland het, sal na verwagting Maandag in die Greytown-landdroshof verskyn.
Anni Dewani se moordenaar vra mediese parool
Een van Anni Dewani se veroordeelde moordenaars het aansoek gedoen om mediese parool, het Rapport Sondag berig.
Kinders vaar baie swak met wiskunde
Altesaam 96% van Graad 9’s in die land het 50% of minder in ʼn standaardstellingstoets vir Wiskunde behaal, het die City Press berig.
Oscar-beeldmateriaal glo onwettig bekom
ʼn Video van die moordbeskuldigde Oscar Pistorius terwyl hy die gebeure uitbeeld van die aand wat hy Reeva Steenkamp doodgeskiet het, was bedoel vir hofverrigtinge en die uitsaai daarvan is kontrakbreuk, het sy prokureur Sondag gesê.
Gedagte vir die dag: Blye versekering, Jesus is myn
Hebreërs 10:22 – Laat ons tot God nader met ‘n opregte hart en met volle geloofsekerheid. Ons harte is immers gereinig van ‘n skuldige gewete,…